Oor liefde en sy uitdagings

Die dinge van die liefde

Hilton Biscombe

Die liefde kan nooit skelm wees nie en die hart kan nie voorgeskryf word nie. Baie is al hieroor geskryf en baie moes met hul lewens daarvoor boet. Dink maar net aan die tragedie van Romeo en Juliet.

Die dorp, Stellenbosch, het ook maar sy “sad” stories. Net nou die dag sien ek ‘n “gemengde” paar wat in die oop en bloot hulle liefde vir mekaar wys en seker maar verklaar, waar geen haan nou na sal kraai nie. Lyftaal kan natuurlik ‘n storie vertel en in ons dorp destyds kon jy dit raaksien as jy daarvoor soek, swart en wit of liewers bruin en wit, dit skelm betuig, te midde van ‘n wet wat dit verbied het.

Vir diegene wat die kleurgrens en geloofsgrens oorskry het, het liefde maar altyd geroep as in daar in die geheim vir mekaar ogies gemaak word. Sommige het landuit gevlug, maar sommige het die wraak, nyd en beledigings weerstaan, want wie kan nou eintlik die liefde se pad bepaal?

Hier op Stellenbosch met sy oop ruimtes, nooks en crannies, as jy ‘n vryplek soek, sal jy weet waarvan ek praat, as jy hier gebore is, maar natuurlik nou met die gedeeltelike inperkinge is dit maar moeilik as jy jou vryery uit die publieke oog wil hou.

Dit bly egter ‘n uitdaging, ja, nou nog steeds, as jou verhouding taboe is. Met ons beheptheid met kleur, geloof en klas breek dit soos ‘n kopslag hier binne my as ek dink aan al die verbode verhoudings soos dit destyds in ons dorp uitgespeel het, maar meer spesifiek op Die Vlakte.

Hierdie “staatsgreep”, op die heilige liggame van jong liefdes en nie so jong geliefdes, het my altyd laat wonder. As u wonder oor die woord “staatsgreep”, moet ek ‘n voorbeeld voorhou waar ek die ingryping van die staat, kon sien toe ‘n bruinman en ‘n jonge wit meisie uit hul state of grace deur die polisie by ‘n Eersterivierse wal wreed ontnugter is, toe hulle omhels en hul liefde vir mekaar verklaar het.

‘n Ander voorbeeld van die liefde, was seker maar djollery of soos dit vandag bekend staan as die skelmpie. Dit was gewoonlik by die universiteitsgronde op Sondagmiddae waar ons jong laaities touch rugby op die wye groen grasperke gespeel het, dit wil sê as die ouballie met sy soutgun nie innie omtes was nie.

Sy passie was om al wat bruin is te verwilder en geliefdes moes maar die hasepad kies, anders kom alles as’t ware op die lappe. Maar daar was ander voorbeelde, maar hierdie keer was dit Oem Pielie, (no pun intendet) die stoutgat, wat met twee aunties, nou nie in dieselfde tyd nie, agter die Universiteit se mure, by die sement-rusbank waar die kannabosse rooi en fier op ‘n Sondag-agtermiddag pronk, djol.

Dit het ook so gebeur waar hy naby die Coetzenburgse brug so voor by die ander auntie se rok ingevroetel het, asof hy op soek was na vlooie of was dit nou pêrels? Net hy sou, as dit pêrels is, weet waar dit begrawe is.

O, hierdie geneukery bly ‘n ope vraag of dit liefde is of net ‘n koorsigheid.

Maar vir my bly dit die liefde, maar dis nie ‘n verskoning oor hierdie oor-die-tou-trappery nie, veral as daar derde partye betrokke is.

Graag hou ek u ook dan voor in ‘n meer ernstige toon, maar nou moet ek versigtig wees om nie nasate te embarrass nie.

Mev X, ‘n witvrou het ‘n winkel gehad waar mev Z, ‘n bruinvrou agter die toonbank gestaan het. Een van die eerste dinge wat ek as snotkop van haar opgelet het, was haar mooi borste en shapely bene. Nee, ek het haar nie kaal gesien nie, maar ja, my verbeelding was al daai tyd ryp om dit op te roep.

Hy, prof Q, sou elke oggend sy varsgoed met ander motiewe kom koop wat veroorsaak het dat hy elke dag van hierdie vars “ougoed” van ontslae moes raak, net sodat hy weer die winkel kan besoek. Ogies is geheimelik gemaak en hulle het seker maar hul liefde vir mekaar, iewers in hierdie “goddelike” dorp, gemaak.

Sonder om verder uit te brei wil ek net noem dat dit uitgeloop het op ‘n huwelik in ‘n ander land, weg van wette wat hul liefde verbied het.

‘n Ander klassieke voorbeeld was die taboe van geloof, wat ‘n sielestryd by liefdespare veroorsaak het, veral tussen Moslems en Christene.

Sy was mooi, met daardie oorsterse uitkyk wat jou na mistieke lande van Arabian Nights neem. En hy het gelyk soos Clark Gable en sou Gone with the Wind wees was dit nie vir hierdie anker in sy lewe nie.

Dis die soort liefde wat ‘n sprong deur grense wil gee, maar versitigheid oproep.

Slapelose nagte en die opsoek van heilige geskrifte het hom gelei na die Bybelse verse oor die uitnemenheid van die liefde waarin alle antwoorde oor die liefde opgesluit lê, maar hy het nie rekenskap met die ferme en streng kodes van die gemeenskap gehou nie.

Pyn, verdriet en alewige skuldgevoelens het net die liefde tussen hierdie twee sterker gemaak.

Imagine ‘n koue wintersaand in die plaaslike cinema waar die twee handjies vas gehou het soos maar die gewoonte van die liefde is. Hierdie verhouding was egter meer intens omdat dit sterk ontleen was in ‘n binne gevoelte as dit lewendig opbruis soos hulle na mekaar kyk.

Sonder om nog dieper in die saak te gaan dink ek dat hierdie liefdestories genoeg is om u eie liefdesnet oor hierdie wêreld te te spin.

Ek roep dus dit nou op in hierdie moeilike tye met my eie liefde vir u met ‘n nuwe boodskap wat alles vir kan verander as ons dit net wil glo.

You are goodness and mercy and compassion and understanding. You are peace and light. You are forgiveness and patience, strength and courage, a helper in time of need, a comforter in time of sorrow, a healer in time of injury, a teacher in time of confusion. You are the deepest wisdom and the highest truth; the greatest peace and grandest love. You are these things. And in moments of your life you have known yourself as these things.

Choose now to know yourself in these things always…..

Kortom gesê, jy is die Liefde self…

Hilton Biscombe

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!