KWDM kry weer skoon oudit

Sewende opeenvolgende skoon oudit vir KWDM
Die ouditeur-generaal het vir die sewende jaar agtereenvolgens ‘n skoon oudit aan die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) toegeken. Die oudit is ook ‘n ongekwalifiseerde ouditmening sonder bevindings vir die munisipaliteit.

Die Cocid-19-pandemie het beperkings op die 2019/2020 finansiële jaar gestel – ’n jaar
waarin die munisipaliteit strawwe finansiële besluite moes neem.

“Hierdie toekenning getuig van die feit dat die KWDM in staat is om sy verbintenis tot dienslewering binne die streng raamwerk van finansiële oorsigbestuur na te kom, ongeag die uitdagings waarvoor hy te staan kom. Ek is dankbaar teenoor bestuur en alle amptenare vir hulle bydrae tot hierdie prestasie,” het die uitvoerende burgemeester, Elna von Schlicht, gesê.

Die Ouditeur-Generaal is verantwoordelik vir die ouditering van finansiële state en
verslagdoening oor prestasie teenoor voorafbepaalde doelwitte, asook oor nakoming van
wette en regulasies. Ten einde ’n ‘skoon oudit’ te behaal, moet die finansiële state sonder
wesenlike wanvoorstellings wees (finansieel ongekwalifiseerde ouditmening) en daar moet
geen wesenlike bevindings ten opsigte van verslagdoening oor prestasiedoelwitte of
nienakoming van wetgewing wees nie.

Hierdie skoon ouditmening is ’n bewys van grondige finansiële bestuur, goeie interne
kontroles en ’n sterk begrotingsproses. Dit is ’n bevestiging dat die munisipaliteit sy
beskikbare fondse doeltreffend en effektief aanwend ter bereiking van die doelstellings in die
GOP, wat uiteindelik daartoe lei dat ons beter dienste aan ons gemeenskappe kan lewer.

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit het ’n bewese rekord in die ondersteuning van die
ekonomiese sektor en is die voorkeurvennoot om ondernemings uit te brei en verskillende
beleggingsgeleenthede te identifiseer. Die distrik het ’n sterk toerismesektor wat gemik is op
diegene wat veilige ruimtes soek om die beste ervarings van uitsonderlike waarde te hê.

“Dit illustreer die verbintenis deur die leierskap van die munisipaliteit om ’n direkte en persoonlike belangstelling te neem in ’n omgewing van interne kontrole wat behoorlik funksioneer. Ek rig ’n welverdiende gelukwensing oor aan ons administrasie en veral aan ons munisipale bestuurder, Henry Prins, wat in sy hoedanigheid as rekenpligtige beampte sy tiende opeenvolgende skoon oudit by twee munisipaliteite behaal het.”
Die KWDM bly verbind tot sy visie om ’n “Verenigde Kaapse Wynland van Voortreflikheid!” te skep.

Dr Edna von Schlicht, burgemeester van die KWDM.
Henry Prins, munisipale bestuurder.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!