Wie se kierie is dié?

Geskiedkundige wandelstok soek baas

‘n Wanelstok met ‘n uniekinskriosie daarop kan dalk van groot historiese beklang wees.Verdere inligting oo rid herkoms van hierdiebesonderse stok, is egter vaag en meetsal onbekend.

V.D.Wassermann vertel meer hieroor:

“Die verhaal gaan terug na die einde van 1960 toe ek vir die laaste keer as Kersvader opgetree het by die kleuterskool in een van die geboue van Ou Uitspan. My suster, Corelie Roos, ‘n kindertuinonderwyseres, het my vroeër in dié rol laat beland.

“Ek het die oggend die perseel aan die oostekant betree en langs ‘n ontruimde huis gestap toe ek die wandelstok tussen rommel sien lê, maar dit eers gelos tot na my ‘optrede’. Ek kon dadelik sien aan die uitgekerfde inskripsie dat dit ‘n waardvolle historiese item was. Sedertdien is die stok in my besit en oor die jare het ek by heelwat geleenthede probeer om dit ‘n gepaste tuiste te laat kry. Inagnemend my ouderdom is dit nou werklik tyd dat ‘n plan daarmee gemaak word.

“Die inskripsie op die stok is soos volg: ‘C.M.Neethling Stellenbosch Van: J.H.Hertzog DIYATALAWA CEYLON 14 Jan.1901’.

Volgens Isabel Lubbe dateer die uit die dae van die Anglo-Boere-oorlog en uit ’n boere krygsgevangekamp in die destydse Ceylon.

“Dit is omtrent 83 cm lank en was reeds sonder die knop toe my pa dit opgetel het. Volgens wat ons verstaan, was J. H. Hertzog ’n broer van genl. J.B.M. Hertzog en ’n Vrystraatste burger met die rang van veldkornet in die oorlog. Hy en genl. Hertzog was getroud met twee susters van C.M. Neethling.  C.M. Neethling was dus die swaer van J.H. Hertzog.

“Ons wonder of J.H. Hertzog nie dalk miskien die wandelstok aan sy skoonpa, ook C.M. Neethling, kon gegee het nie.  Laasgenoemde het die eiendom met die Ou Uitspan en ’n aantal ander geboue in 1879 van die Faure-familie gekoop, rofweg waar die parkering agter die botaniese tuin vandag is. C.M. Neethling het die naam van die eindom van “Evergreen” na Ou Uitspan verander omdat dit as terminus vir die poskoetse na Kaapstad en Paarl gedien het. Na C.M. Neethling (snr) se afsterwe in 1912 is die eindom deur die A.C.V.V. oorgeneem.

“Die doel van hierdie inligting is om die kierie terug te besorg aan familie van die oorspronklike eienaars. Hopelik sal iemand opgespoor kan word. Indien niks daarvan kom nie, miskien in ’n versameling in ’n museum?  Kan iemand dalk help?”

Enigeen wat meer inligting oor hierdie besonderse geskiedkundige item het, kan vir Isabel Lubbe by 082 854 2469 skakelof ‘n e-pos stuur na isabel.lubbe@me.com, pf danie@stellenboschmonitor.com

Die stok dateer uit die dae van die Anglo-Boere-oorlog.
“C.M.Neethling Stellenbosch Van: J.H.Hertzog DIYATALAWA CEYLON 14 Jan.1901”, is die inskripsie op die stok.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!