Duimpie Bayly (82), wêreldbekende Suid-Afrikaanse wyn-ikoon van Stellenbosch, is vanoggend aan ‘n hartaanval oorlede.
Duimpie was vir etlike jare ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf en wyd bekend vir sy intieme kennis van die bedryf.
“Ek het vanoggend so omstreeks 10:00 nog met hom gesels toe hy by my wyn kom haal het. Ongelukkig was ek in ‘n vergadering en kon hom nie sien nie. Nou sal ek nooit weer nie,” het DeWet Viljoen, wynmaker van Neethlingshof, gesê.
“Ek het vir Duimpie, hy wou nooit gehad het dat ek hom ‘oom’ noem nie al was hy 40 jaar ouer as ek, sedert 2000 geken toe ek by Wamakersvallei begin werk het. Sedertdien was ons nie alleen kollegas nie, maar ook goeie vriende en het ons gereeld saam gekuier. Hy was my buurman in Vlottenburg. Hy het ook altyd gespot hoor hoe ons saam vir Huis Visser rugby gespeel het.
“Dis ‘n groot gees wat weg is.Hy het nooit iets slegs van enigiemand gesê nie en as jy met hom gesels het, was hy opreg belangstellend en het hy deeglik na jou geluister asof jy sy beste vriend is.
“Ek was ook sedert 2002 saam met Duimpie op die bestuur van die Pinotage Assosiasie en sy bydrae was ongelooflik groot,” het Viljoen gesê.
Beyers Truter, eienaar van Beyerskloof, voorsitter van die Pinotage Assosiasie en jarelange vriend, het Duimpie beskryf as iemand met ‘n ongelooflike tegniese kennis van die bedryf en ‘n regte mens-mens.
“Ons sou Maandag vergader het oor die komende Pinotage Top 10-kompetisie om verdere besonderhede te bespreek. Duimpie was altyd ongelooflik presies by vergaderings en het maklik ‘n tik- of spelfout op die agenda uitgewys voordat ons begin het.
“Ek glo nie daar is enigiemand anders wat so ‘n indiepte kennis van wyn gehad het soos hy nie. Dis ‘n ongelooflik slag vir die bedryf en die hele Suid-Afrika.
“”Hy was Mnr Wyn Suid-Afrika en was deur-en-deur lief vir die bedryf. Hy was lief vir die grond en dit het uitgespeel in die reuse-rol wat hy in die afbakeningskomitee gespeel het sodat die beste vir die wynbedryf uit die verskillende streke gehaal kon word.
“Hy het nooit geskroom om sy kennis en hulp te deel nie en was net so lief vir die mense van die wynbedryf, oud en jonk. Talle jong wynmakers het vertel hoe oom Duimpie hulle gemaklik met raad bygestaan het en onmisbare kennisoordag toegelaat het.
“Duimpie het altyd vir my by die vergaderings gesê as hy sy oog knip, dan moet ons loop. Hy is nou voor my weg en ek sal seker moet aanbly,” het Truter gesê.
Marius Labuschagne, bekende wynskrywer wat ook lank vir Duimpie geken het, het sy menswees bevestig.
“Buiten die professionele en toegewyde werk wat so kenmmerkend van Duimpie was, was dit sy charisma en persoonlikheid wat van hom die geliefde wyn-ikoon gemaak het,” het hy gesê.
- Bayly het aanvanklik by die Stellenbosse Boerewynmakery (Stellenbosch Farmers’ Winery) gewerk waar hy baanbrekerswerk in die laboratoriums gedoen het. Hy was later groepsbedryfsdirekteur van Distell tot sy aftrede in 1995.
Die afgelope paar jaar het hy ook baie aandag aan sy beesboerdery op sy kleinhoewe gegee, iets waarop hy ook baie trots was. Hy en Annelie Viljoen, vrou van DeWet Viljoen, het onlangs saam ‘n wyn gemaak en die naam daarvan, Spijker, is aan een van Duimpie se spog-bulle opgedra.
Duimpie het op ‘n skaapplaas in die Karoo grootgeword, het aan St Andrews skoolgegaan en aan die Universiteit Stellenbosch ‘n BSc-graad behaal.
Sy groot mentors in die wynbedryf was die Stellenbosse wynpersoonlikhede Ronnie Melck van Muratie en SBW-direkteur en ook Bill Winshaw wat SBW begin het.
Duimpie het in talle komitees en wynliggame gedien, maar het veral sy merk in die afbakeningskomitee gemaak waar hy sy deeglike tegniese kennis tot voordeel van die wynbedryf aangewend het. Hy was ‘n uitstekende wynproeër en het talle kompetisies plaaslik en internasionaal beoordeel. Hy het ‘n slag op ‘n vraag oor hoe dit moontlik is om soveel wyne op ‘n dag te proe gesê: “Ek proe tot my tong stom raak.”
Duimpie was ‘n raadslid van Distell, vorige president van die Kaap van Goeie Hoop-landbougenootskap, nou Agri-Expo, voorsitter van die Biodiversiteit-wyninisiatief, voorsitter van die SA Nasionale Wynskouvereniging, voorsitter van die tegniese en afbakeningskomitee van die wyn- en spiritusraad, beskermheer van die Charity Wines Trust en oudstudentevereniging van Elsenburg en ere lewenslange president van die SA vereniging van wingerd- en wynkunde.
Hy het deur sy loopbaan van meer as 40 jaar in die SA-wynbedryf talle toekennings vewerf. Hy was vir meer as 50 jaar met Sue getroud en laat ook ‘n seun, Gregg, en twee dogters agter.
“Ons sal die komende Absa Pinotage Top 10-kompetisie aan Duimpie opdra – dis sy nalatenskap,” het Beyers gesê.
.
I had the privilege of working in Duimpie’s laboratory team at SFW for 12 years. A delightful person to have as a boss, a wonderful colleague and a person with an astounding depth and breadth of knowledge about anything and everything that had anything to do with wine. Few people are irreplaceable in life but Duimpie comes about as close to irreplaceable as one can get.
Perhaps an appropriate tribute to Duimpie would be the words of the Afrikaans poet Jan FE Cilliers, which he penned in honour of General de Wet:
“Stil, broers,
daar gaan ‘n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar’s nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.”
Ek kan net beaam wat reeds gese^ is , met aklamasie! Voorwaar ‘n groot verlies vir die wynbedryf. Gul, groothartig, vriendelik en simpatiek. Sue , ons bid vir sterkte en krag vir jou en die kinders in die moeilike tyd wat voorle^ , maar die heerlike herinneringe sal julle deurdra. Liefde, Swepie le Roux
I had the privlege to know Duimpie Bayley through the presentation of my work at the SASEV South African Society for Enology & Viticuture conferences and as a member of the SASEV board. Duimpy Bayly was one of the founder members of SASEV and supported research and innovation throughout his life. As honorary President he always attended the SASEV conferences and other wine related activities. I honor him for his kindness, humility despite his achievements and his passion for the wine industry. The wine industry has lost an EXCEPTIONAL man
Dear Sue anf family. So sad to hear the news of Duimpie’s passing. He was such a wonderful man and good friend. My thoughts and prayers are with you. Love Stewart Davies