18-plussers ywerig vir inënting teen COVID-19
Rekordgetalle mense is teen Covid-19 ingeënt in die eerste twee dae wat mense van 18 en ouer gekwalifiseer het vir inenting.
Reeds vroeg op 20 Augustus het personeel van Wes-Kaap Gesondheid se fasiliteite lang rye mense verwelkom by sy fasiliteite wat inentings bied. Teen die einde van die dag is meer as 5 800 mense in die Kaapse Wynland ingeënt. Daar is voortgebou op die momentum op 21 Augustus, toe 1 338 mense van die omgewing gebruik gemaak het van die geleentheid om op ’n Saterdag hul inënting teen Covid-19 te kry.
Weekliks word ’n gemiddeld van 5 500 mense ingeënt teen Covid-19 in die Kaapse Wynland. Teen 23 Augustus is 81 862 mense volledig ingeënt teen Covid-19 en ‘n verdere 66 986 mense het reeds een van die twee-dosis entstof gekry.
Almal wat 18 jaar en ouer is, word aangemoedig om te registreer en na hul naaste inentingsfasiliteit te gaan:
Stellenbosch:
Maandae tot Vrydae
Van Der Stelsaal (08:00 – 14:00)
Cloetesville-gemeenskapsdagsentrum (09:00 – 14:00)
Idasvallei-kliniek (09:00 – 14:00)
Kayamandi-kliniek (09:00 – 14:00)
Kylemore-kliniek (09:00 – 14:00)
Don & Pat Bilton-kliniek (09:00 – 14:00)
Stellenbosch Universiteit Lentelusklubhuis (09:00 – 14:30)
Asook by:
Jamestown-sportklub: 1, 15 en 29 September (09:00 – 14:00)
Groendal-gemeenskapsaal: 2, 3, 16, 17 en 30 September (09:00 – 14:00)
Eikestadsaal: 6, 7, 20 en 21 September (09:00 – 14:00)
Kayamandi-korridor: 8 en 22 September (09:00 – 14:00)
Klapmuts Multi-Purpose Centre: 25 en 26 Aug., asook 9, 10 en 23 September (09:00 – 14:00)
Kylemoresaal: 30 Augustus, asook 13 en 27 September (09:00 – 14:00)
Lanquedoc-sportsaal: 31 Augustus, asook 14 en 28 September (09:00 – 14:00)
Deur jou inënting te kry, beskerm jy nie net jouself en mense na aan jou teen ernstige siekte weens Covid-19 nie, jy verlig ook die druk op hospitaalpersoneel. “Almal wat kwalifiseer vir die entstof, moet registreer en dit so gou as moontlik kry. Help ons sodat ons jou kan help,” vra dr. Daniël Hatting van Robertson Hospitaal. “Besoek slegs die ongevalle eenheid van die hospitaal as dit ’n noodgeval is, en gaan na jou naaste kliniek vir jou ander gesondheidsbehoeftes.”
Registreer vooraf deur die woord ‘REGISTER’ te stuur na 0600 123 456 op WhatsApp, of bel *134*832#. Personeel by die fasiliteite kan ook help met registrasie indien nodig. Jy kan kom al het jy nog nie ‘n afspraak gekry nie, maar let daarop dat personeel eerste mense van ouer ouderdomsgroepe sal help, asook mense wie volgens hul afspraak terugkeer vir hul tweede inënting.
Van Der Stelsaal in Stellenbosch was een van Wes-Kaap Gesondheid se fasiliteite wat aansienlik besiger was op 20 Augustus toe inentings vir die groep van 18 tot 34 jaar oopgetel is.