Leesgenot vir ure se vermaak – ook oor die langnaweek
Kom ons kyk na ‘n paar boeke, Afrikaans en Engels, wat vir ‘n ieder en elk ure se leesgneot kan verskaf.
’n Baie lang brief aan my dogter
Marita van der Vyver
Tafelberg
Marita van der Vyver se jongste boek, ’n Baie lang brief aan my dogter, word as jeugmemoires beskryf. Sy self verwys daarna as ’n “outobiografiese boek”. Dit ís een. Maar wat is die verskil tussen ’n outobiografie en memoires eintlik?
’n Outobiografie kan oor ’n hele leeftyd strek, terwyl memoires op ’n spesifieke deel van die skrywer se lewe fokus. Memoires het, soos hierdie een, ook ’n meer persoonlike aanslag.
Hoewel Van der Vyver se lang brief aan haar Franse dogter, Mia, gerig is – en dís die samebindende faktor – is dit vanselfsprekend op ’n wyer lesersgehoor gemik. Dis ’n samevatting van ’n stuk Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die belang daarvan mag nie onderskat word nie. Mens kan tog nie vorentoe beweeg as jy nie weet wat agter jou lê nie.
Van der Vyver belig onder meer die wreedheid en hartseer van die apartheidsbestel in die sestiger- en sewentigerjare van haar jeug. Ook deur die ervaringe van hul destydse huishulp, Dolly Titus van Kenhardt. Titus en haar rasgenote is nie eens toegelaat om boeke by die biblioteek uit te neem nie.
’n Baie lang brief aan my dogter is eerder ’n verhaal oor taal, woorde en boeke, spesifiek oor die leeswerk wat die skrywer se lewe beïnvloed het.
Van der Vyver “eis” haar eie taal “op”. “Ek wil lankal nie meer Engels, of selfs Frans, wees nie. Ek het onbeskaamd Afrikaans geword,” skryf sy.
Kom dit by die verhaal self, vind lesers uit hoe Van der Vyver van ’n skugter boekverslaafde uit ’n middelklasgesin ontwikkel het tot ’n (bekroonde) skrywer. Die leser word ’n soort voyeur wat van buite af inkyk na die skrywer se lewe, haar verhouding met haar dogter en ’n gewese Suid-Afrika.
Volgens Van der Vyver klink sy vir haarself “soos ’n sletterige sukkelaar uit ’n storieboek” wanneer sy vertel dat sy drie kinders by drie mans gehad het. Maar die lewe werk mos nie altyd uit soos mens dink dit sal nie, skryf sy ook.
’n Baie lang brief aan my dogter weerspieël die voltooiing van lewensiklusse, geboorte en dood. Van der Vyver se ma is oorlede kort ná Mia se geboorte. Later lees jy iewers dat haar pa oorlede is toe sy die eerste eksemplare van dié boek ontvang het.
Marinda se koskas
Marinda Engelbrecht
Uitgewer: Human & Rousseau
“Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos”.
Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in alledaagse taal geskryf vir elke kosliefhebber, vir elke dag se gebruik.
Vin
Uitgewer: Queillerie.
Lien Botha se eerste nuwe roman sedert haar bekroonde debuut, Wonderboom is nou op die rake.
Die oor lê buite. Dit lê in ’n winterveld tussen Atlantis en Darling. Indien Junie se reën soos die meeste ander jare sorgvuldig sou val, sou die oor moontlik weggespoel het, beurend onder blare, takke en klippertjies. Maar dit lê oop en bloot en wag vir ’n honger dier se bek.
Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling.
Vin word vergesel van ’n webblad waar die leser werklik kan sien wat Vin in haar omswerwinge beleef. Besoek dit hier Vin is die jongste boek van die kunstenaar en skrywer Lien Botha. Dit is ’n verhaal van die kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in Suid-Afrika sielerus te voel.”
Deur twee dekades van oorsese residensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n kunsboelie kyk die leser met die oë van ’n vindingryke kunsvlugteling na die wêreld. Daar is natuurlik ook ’n verlore skildery. Wat dié boek egter uniek maak, is dat daar 400 foto’s en ander beelde van kunswerke is wat die storie belig. Hoewel dit nie in die boek gedruk is nie, kan lesers hoofstuk vir hoofstuk daarna kyk op ’n toegewyde portaal op Botha se webblad. https://www.lienbotha.co.za/vin-visual-2021
“Die hoofkarakter, Vin, sou eers meer gemeen gewees het, maar toe word sy gawer,” vertel Botha tydens ’n Skype-onderhoud. Buiten die kort titel, waarvan sy hou, is daar ’n verbintenis met water en swem, en Liviana, wat die naam van ’n heks is.
Braaibroodjies en burgers
Jan Braai
Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai!
Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender, beesvleis, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog!
En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!
Oor die skrywer
Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuier- en kosfees gemaak deur Erfenisdag nieamptelik te herdoop tot
Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle SuidAfrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.
Vleis
Annelien Pienaar
Human & Rousseau
Die meeste mense hou van ’n stukkie vleis, so slyp jou vleistande vir die beenaflek, lekkerte van Vleis. Dié boek bevat alles wat jy ooit oor vleis wou weet – die snitte, voedingswaarde, veroudering, faktore wat die sagtheid bepaal, gaarmaakmetodes, bevriesing, terminologie – om net ’n paar aspekte te noem. Met resepte vir van bees, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wild tot marinades, gegeurde soute en olies om die snitte te komplementeer, sal dié boek sy plek volstaan op jou kombuisrak.
Oor die skrywer
Annelien Pienaar is ’n voedselwetenskaplike, dosent, boervrou en ma. ’n Vrou van vele talente dus, maar kos is haar groot passie. Met haar vinger stewig op die pols van haar Facebookblad Boerekos met ’n Twist weet Annelien presies wat kosmakers en kosliefhebbers wil weet en eet. Die resultaat is dié omvattende 21steeeuse Kook en geniet van vleis.
The ANC’s Last Decade
Ralph Mathekga
For nearly three decades, the ANC has held South Africa’s politics in an iron grip. Even as its reputation was dented by scandal and poor performance, the party continued to win every national election with an absolute majority.
Political analyst and bestselling author Ralph Mathekga looks beyond the giant towering over the political landscape and sees a future in which the ANC no longer holds absolute power. With the party seemingly at war with itself and President Cyril Ramaphosa battling to rein in corrupt cadres, Mathekga predicts that the ANC will fall below the critical 50 per cent threshold before the end of the decade.
The decline of the ANC could provide new opportunities and bring political reform, but also uncertainty. If the ruling party loses power, who will be in charge? Who or what will come after the ANC, and how will this affect South Africa? Dare South Africans dream of a brighter tomorrow, with a more balanced politics and greater accountability?
About the author
Ralph Mathekga is one of SA’s leading political analysts. He taught politics at the University of the Western Cape and worked as a senior policy analyst at National Treasury. He is often quoted by local and international media and comments regularly on TV and radio. Ralph is the author of two bestselling books and holds a PhD in politics.
White Trash – My year as a high-class call girl
Terry Angelos
Melinda Ferguson Books
White Trash is a remarkable memoir told in vivid detail, laced with dark humour and savage honesty.
Raised during the Rhodesian bush war and immigrating to SA at the age of 11, Terry is shaped by a white culture that is racist, unstable and deeply divided. Her childhood is bizarre as adults around her insist on living their version of normality while the world falls apart.
Hungry for adventure and wildly curious, 19-year old Terry Angelos drops out of her fine art degree in South Africa and escapes to London where she soon descends into the city’s seedy underbelly to begin working as a “high-class” call girl. By the time she’s 20, she’s embroiled in the underworld of Chinese Mafia, depraved clients and a perilous blackmail scheme.
In a remarkable turn of events, at her lowest point of no return, she finds a seed of hope in a crowded tourist hub. Her journey towards redemption is both magnificent and miraculous as she embarks on a heroic quest to reinvent herself.
About the author
Terry Angelos is a full-time artist known for her quirky art. She lives in Durban and is married to a saint, has three grown-up children and a pug, Juniper, named after her favourite drink. She likes to juggle multiple projects in her loft studio which resembles a messy natural history museum. Her dark humour is not always appreciated.