Gebruikte voertuie om van te droom

Ons help met privaat koop, verkoop van motors

In ons weeklikse artikel oor gebruikte voertuie, gesels Kallie du Toit, eienaar van Albert de Dion motors in Bellville, vandeesweek oor die moets en moenies van privaat-motortransaksies.

“As jy jou motor wil verkoop, adverteer dit self,“ is sy raad.

“’n Potensiële koper wil beslis die voertuig sien en toetsbestuur, maar jy stel jouself bloot aan die gevaar van ‘n kaping of ’n slenter met betaling. Hier kan Albert de Dion motors u bystaan teen ‘n minimale fooi.

“Reël vooraf met ons vir ‘n afspraak waar die verkoper en die koper met die voertuig ter sprake na ons perseel kom. Hier gaan u as verkoper of aankoper veilig wees. Die voertuig word dan ook deur ons nagegaan en ‘n polisie- en versekeringsklaring word verkry om te verseker die voertuig behoort wel aan die verkoper en die voertuig se geskiedenis is normaal.

“Hierna word ‘n verslag oor die toestand van die voertuig uitgereik. Die voertuig word ook op die voertuighyser geplaas waar die potensiële koper die toestand van die voertuig uit ‘n ander hoek kan beskou. Hierdie proses sal nie langer as 45 minute duur nie.

“Hierdie verslag gaan ook help om ‘n padvaardigheidsertifikaat te kan bekom, wat ook deur Albert de Dion motors gedoen kan word. Ons sal ook toesien dat die voertuig van die verkoper by die verkeersdepartement van sy naam verwyder word,”sê Du Toit.

Albert de Dion motors kan dan ook die betaling deur die voornemende koper evalueer. Indien u voertuig nog onderhewig is aan ‘n afbetalingsooreenkoms met die bank of ‘n finansiële instelling, kan Albert de Dion motors ook daar help deur die voertuig namens die verkoper af te los en indien daar ‘n krediet op die verkoopprys sou wees, word dit direk aan die verkoper betaal.

“Albert de Dion motors kan selfs finansiering reël indien die potensionele koper dit sou verlang. Die kostes vir hierdie diens gaan van voertuig tot voertuig verskil, afhangend van watter ander dienste u ook wil gebruik maak.

“Skakel my as handelaarshoof direk en ons kan die kostes bespreek.”

Kontak vir Kalli du Toit by Albert De Dion motors,  Strandstraat 30, Bellville of bel hom by 021 9452366 of  0828814104. Besoek gerus hul webwerf vir winskopies: www.albertdedionmotors.co.za

Vandeesweek se motor van die week:

2021 Volkswagen T-Cross 1.0 TSi, Comfortline, DSG (automaties)

Kilometerlesing: 22130km

Waarborg: Drie jaar of 120 000km (wat ookal eerste) plus ‘n 100% meganiese fabriekswaarborg

Diensplan: Drie jaar of 45 000km van VW

Prys: Verkoop vir R395 000

Die uitleg van die instrumentpaneel is eie aan VW se styl.

Die T Cross is baie netjies en goed opgepas – die ideale gebruikte voertuig met goeie waarborge.
Die netjiese binneruim getuig van goeie versorging.
Die agterste sitplekke is nog in ‘n puik toestand.
Albert de Dion Motors bied hierdie uitstekende kopie aan.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!