Stellies skitter by Eisteddfod

Hoërskool Stellenbosch skitter by Eisteddfod

Hoërskool Stellenbosch se leerders het vanjaar weer uitstekende uitslae by die Stellenbosch Eisteddfod behaal. Altesaam 17 van die skool se leerders het deelgeneem aan die kompetisie wat vanjaar op ‘n aanlyn-platvorm plaasgevind het.

Die volgende leerders het pryse ontvang:

Conrad Bezuidenhout en Isaac King ontvang die Bessie van Brakelwisseltrofee vir die beste uitvoering van ‘n klavierduet deur senior skoliere.

Alma Human wen die Stellenbosch Eisteddfod Geldprys  vir die beste prestasie in klaiver gelewer deur ‘n senior skolier.

Emile Mostert ontvang die Stellenbosch Eisteddfod-medalje vir die beste uitvoering van ‘n Kunslied (ander tale), asook die Lezel Gunterbeker vir die mees belowende sanger.

Jan-Hendrik Basson word aangewys as die beste senior manlike deelnemer (sang) en ontvang hiervoor die AP Venterbeker.  Hy ontvang ook die Eugéne van der Westhuizenskild  vir beste solosang (seuns 15-18 jaar).

Hoërskool Stellenbosch se Eisteddfod-wenners is van links: Isaac King, Alma Human, Emile Mostert, Jan-Hendrik Basson en Conrad Bezuidenhout.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!