Stellies hou eerste toernooi ter ere van leerder

Paarliete wen eerste toernooi

Oor die afgelope naweek het die eerste Maretha Burger o.15-tennistoernooi by die gasheerskool, Hoërskool Stellenbosch, plaasgevind. Agt van die land se top-tennisskole het in gemengde seuns-en-dogterspanne teenmekaar meegeding.

Die stryd was taai, maar op die ou einde is die Hoër Jongenskool Paarl/ Hoër Meisieskool Paarl se gemengde A-span as die wenners bekroon.

Die ander skole wat deelgeneem het, is Paul Roos Gimnasium, Hoër Meisieskool Bloemhof, Rhenish Girls’ High, Paarl Gimnasium, La Rochelle, en Hoërskool Stellenbosch.

Pieter Kotze van Paul Roos Gimnasium en Carli Kruger van Hoër Meisieskool Bloemhof is onderskeidelik as die beste seun- en dogterspeler van die toernooi aangewys.

Maretha Burger het in 2020 aan Hoërskool Stellenbosch gematrikuleer, en speel tans professionele tennis in die VSA. Die toernooi is na haar vernoem omdat sy in 2020 die top o.19-tennisspeler in Suid-Afrika was.

Melgard Keller in aksie in die eerste Maretha Burger-tennistoernooi van die Hoërskool Stellenbosch.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!