Is dit net die parlement wat brand?
Pienaar, Die Boord
Sonder om soos Kaapse mense sê “orig” te wil wees, vergun my kommentaar:
Saam met miljoene ander Suid-Arikaners deel ek die magtelose woede oor die ramp wat ons onlangs getref het toe die parlement grotendeels deur ‘n brand in puin gelê is. Die groter ramp sal wees as die woede oor die voorval die “ondersoeke en wraak ” na die “skuldige” so verswelg dat die werklike oorsaak, patetiese selfgesentreerde bestuur op allel vlakke skotvry laat en wegkom.
Na jare se vrugtelose hofgedinge waar “demokratiese uitkansellerende wigte en teenwigte van slinkse regskenners en sielkundiges die proses onbeslis sal laat – soos dit blyk uit die Steinhoff-ramp, die staatskapingsramp en nou dalk nou die parlement-ramp, is my kommer dat, nNadat ek die eerste media berigte gekyk het, die eerste indruk is dat die beskuldigde ‘n ideale opgestelde weerligafleier is vir ‘n slinkse halfgebakte prokureur wat hom met ‘n kranksinnige tik oor sy vingers sal laat wegkom. Of as moontlike tikverslaafde vanaf die straat na die gerief van ‘n inrigting oorgeplaas word.
Daar is by my nie enige twyfel dat die gebeure ‘n skandvlek gaan laat op ons land se groeiende onvermoë om die landsbestuur se aflosstokkie te bestuur nie. Die proses is besig om “in te plof”.
Ek het met my internasionale blootstelling geleer dat in alle volke ongeag geloofsoortuigings, bepaalde ordereëlings het waar bepaalde etiese norme geld, wat voorrang behoort te geniet bo “one size fits all demokratiese regtegniese norme”.
Dis duidelik dat laasgenoemde toenemend nie etiese norme ondersteun nie en te dikwels bloot dien om regtigheid uit te stel of af te water en benadeeldes onvervuld laat om misdaad vir rampokkers minder riskant te maak.
Die toenemenende snelle internetverwerwing van teoretiese regs- en finansiële kennis sonder die rypheid van dekades se praktiese wysheid is is ontstellend. Dit maak die begrip van rigtinggewende aangetekende dekades en eeue-oue rekords van “regsuitsprake”en finansiële beginsels ‘n manupileerbare kennisbron waar die toepaslikheid aan jong regsgeleerdes en ouditeure se beperkte praktiese ondervinding en oordeel oorgelaat word. Dit kan ten koste geskied van die klaer se reg op etiese uitslag en finansiële gevolge.
Die waarde van wat oor generasies verduur en oorgedra is in pogings om Goddelike norme te vestig se pogings word afgewater.
Wanbegrip oor aanspreeklikheid skep ‘n nuwe norm. Ek mag maar eties oneerlik optree en plig versuim, solank ek net tegnies onskuldig is. Maar as niemand gewillig is om in die nag op te staan om na die staat of sy baas se koei om te sien nie”, begin morele erosie soos ‘n kanker. Die dienaar verhef homself tot “heerser” en maai sonder om te saai. Die basiese pligte van bewaring en toewyding verander in verspilling van middele en versuim. Sonder ‘n morele kompas gedy ‘n selfgesentreerde gemeenskap met eie finansiële- en politieke-oogmerke en selfsug as dryfveer.
Wanbegrip oor aanspreeklikheid skep ‘n nuwe norm. Ek mag maar eties oneerlik optree en plig versuim, solank ek net tegnies onskuldig is.
Dink aan al die oudits van Steinhof, SAL, Eskom en Transnet en nou waarskynlik growwe pligversuim by die pareament se brandveiligheidoudits.
Wie is verantwoordelikheid vir die versuim wat gelei het tot hierdie ramp?
Minister De Lille sê: “Ons is nie skuldig nie.”
‘n Ongeskrewe kenmerk wat die gehalte van ‘n bestuurspan weerspieël, is die mate van aanvaarding van individuele verantwoordelikheid en gesamentlike aanspreeklikheid oor gevolge van optrede of die gebrek daaraan.
Kyk in die spieël me De Lille en kie!