Raithby Forward-fees trek gemeenskap saam

Pretdag vir goeie doel by Raithby
Die Raithby Forward-fees wat op 12 Februarie gehou is, was ‘n groot sukses. Die Raithby-gemeenskap het ‘n heerlike familiedag gehad met gemeenskapsaktiwiteite, kosstalletjies, musiekoptredes en die geleentheid om Forward Foundation se missie te vier. Hul leuse is “Moving South Africa forward, faster.”

Die byeenkoms het afgeskop met ‘n gemeenskapstap deur die vrolike strate van Raithby wat deur die Grabouw-trompoppies gelei is en waarytydens die gemeenskap samesyn en eenheid kon vier.

Die Forward Foundation het ook geskiedenis gemaak toe die gemeenskap hul geverfde handafdrukke teen die muur van die sportterrein van Raithby kon plaas en sodoende hulle merk kon laat. Dit bewys die storie van eenheid, samesyn en samewerking volgens ‘n missie wat gefokus is daarop om Raithby te ondersteun en bevorder.

Die fees het ook ‘n opelug piekniekkonsert gebied met die optredes van Steyn Fourie en die Bottomless Coffee Band. Die gehoor was in ekstase met die bekendmaking van Bottomless Coffee Band se nuutste musiekvideo en na hul liedjies te luister. Die liedjie “Moving Forward Faster”, is spesiaal vir die Forward Foundation geskryf as temalied en is beskikbaar op YouTube.

Die prettige familiedag sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van die Raithby-gemeenskap en die borge nie. Forward Foundation wil graag dankie sê aan Cell C, Sportsmans Warehouse, Unitrans, Hungry Lion, Protein2Go, Score Energy Drink, Fitch & Leedes en DCAS Western Cape vir hul aandeel in die sukses van die fees.

Die plaaslike Raithby-restaurant, Copper Kettle, het ook vir al die verversings van die BBP-gaste gesorg.

Die Raithby Forward Festival was ‘n bevestiging dat waar daar samewerking, samesyn en eenheid is, daar hoop is vir ‘n blink toekoms vir Suid-Afrika.

Henry Enslin en ‘n dogter van Brak en Jan-kleuterskool in Raithby.
Robert en Liz Fraser. Robert is ‘n direksielid van Brak en Jan-kleuterskool in Raithby.
Lourens en Esté Rabe van Bottomless Coffee Band saam met Le Roux Conradie (middel).
Kari en Riaan Hoogendijk en Mariette en Le Roux Conradie.

Lourens en Esté Rabe van Bottomless Coffee met Le Roux Conradie.

Groot feestelikheid by die Raithby Forward-fees.

Die gemeenskap van Raithby het saamgekom vir die Forward-fees.
Die Raithby Forward-fees was ‘n reuse-sukses vir oud en jonk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!