Bloemhof wen C.R. van der Merwe-toernooi, atlete in Wes-Kaapse span
’n Gekombineerde eerste en tweede tennisspan van die Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede naweek hul titel as kampioene van die C.R. van der Merwe-toernooi suksesvol verdedig.
Dié toernooi word jaarliks deur Curro Durbanville aangebied. Die Bloemhofspan, Megan Gibbs (kaptein), Nelbé Mouton, Anandie de Waal, Nina van Eeden en Milla Kotzé, het die gasheerskool Vrydag in die semifinaal oorwin om tot die finaal teen die gedugte HMS Paarl deur te dring.
Tydens Saterdag se finaal het die Stellenbossers die Paarliete met vier wedstryde teenoor twee geklop om as wenners van die toernooi bekroon te word. Megan Gibbs is as speler van die toernooi aangewys nadat sy onoorwonne op die nr. 1-posisie was.
In totaal het 8 hoërskole aan die toernooi deelgeneem: saam met Bloemhof, Girls’High en Curro Durbanville het die Hugenote Hoërskool, die Hoërskool Paarl Gimnasium, die Hoërskool Stellenberg, die Hoërskool Stellenbosch en die Hoërskool Durbanville om die title meegeding.
Sewe Bloemhofatlete in Wes-Kaapspan opgeneem
Agtien leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede naweek die Boland-atletiekspan by die Wes-Kaapse hoërskoolkampioenskappe verteenwoordig.