Meer as 33 000 inentings gegee by Van Der Stel
Met die gemeenskap se ondersteuning word daar daagliks sowat 100 inentings by Van Der Stelsaal gegee. Die Covid-19-inentingsdiens is goed gevestig by Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite en die inentingsdiens by Van Der Stelsaal sluit af op 31 Maart.
“Dit was ‘n lekker uitdaging!” sê Anthia Meyer. “Ons het gedoen wat ons kon en nou is dit tyd vir dienslewering om weer na normaal terug te keer.” Meyer neem die leiding vir Wes-Kaap -gsondheid se uitrol van die entstof by Van Der Stel en sê sy gaan effens hartseer wees wanneer hulle hierdie hoofstuk afsluit en terugkeer na dienslewering vanuit Groendal se mobiele kliniek.
Meyer en haar span kon mettertyd sien hoe die paniek wat “hoor-sê”-stories oor die entstof, bedaar, en dat mense verstaan dat die entstof veilig is en vir hulle beskerming teen ernstige Covid-19 gee.
Die dankbaarheid wat baie mense uitgespreek het, het personeel aangespoor. Hulle kon daarin slaag om tussen Mei 2021 en 11 Maart 2022 is 33 274 inentings hier toe te dien. In die groter Stellenbosch-omgewing, is daar teen 14 Maart vanjaar
Meer as 33 000 inentings gegee by Van Der Stel
Dankie, Stellenbosch! Met die gemeenskap se ondersteuning word daar daagliks sowat 100 inentings by Van Der Stel Saal gegee. Die Covid-19-inentingsdiens is goed gevestig by Wes-Kaap Gesondheid se fasiliteite, en die inentingsdiens by Van Der Stel Saal sluit af op 31 Maart.
“Dit was ‘n lekker uitdaging!” sê Sr. Anthia Meyer. “Ons het gedoen wat ons kon en nou is dit tyd vir dienslewering om weer na normaal terug te keer.” Meyer neem die leiding vir Wes-Kaap Gesondheid se uitrol van die entstof by Van Der Stel, en sê sy gaan effens hartseer wees wanneer hulle hierdie hoofstuk afsluit en terugkeer na dienslewering vanuit Groendal se mobiele kliniek.
Meyer en haar span kon mettertyd sien hoe die paniek wat “hoor-sê”-stories oor die entstof, bedaar, en dat mense verstaan dat die entstof veilig is en vir hulle beskerming teen ernstige COVID-19 gee.
Die dankbaarheid wat baie mense uitgespreek het, het personeel aangespoor. Hulle kon daarin slaag om tussen Mei 2021 en 11 Maart 2022 is 33 274 inentings hier toe te dien. In die groter Stellenbosch-omgewing, is daar teen 14 Maart vanjaar 165 253 entstowwe gegee.
“Hierdie inisiatief het my weer herinner aan die belangrikheid daarvan om die ekstra myl te gaan vir enige persoon wat na jou kom vir dienste,” sê Meyer. “Ek het weer gesien hoe jy, deur vir ‘n minuut of twee met omgee te luister na ‘n iemand, sy lewe kan verander.”
Sy herinner die publiek daaraan dat die versterkingsdosis (booster) ‘n baie belangrike stap is om te verseker dat jou weerstand teen Covid-19 so hoog as moontlik bly.
Van Der Stel is een van die groter sale wat as dienspunt vir Covid-19 inentings gebruik word. Ons is trots daarop dat personeel hierdie tydelike inisiatief aangegryp en goed bestuur het,” sê Denise Johnstone, bestuurder van primêre gesondheidsfasiliteite in die Stellenbosch-omgewing. “Dankie ook aan vennote soos Stellenbosch Munisipaliteit vir hul ondersteuning.”
Kry jou inenting of versterkingsdosis hier (vakansiedae uitgesluit):
Cloetesville Gemeenskapsdagsentrum (Maandae – Vrydae, 09:00 – 15:00)
Kayamandi Kliniek (Maandae – Vrydae, 09:00 – 15:00)
Idas Valley Kliniek (Maandae – Vrydae, 09:00 – 15:00)
Kylemore Kliniek (Maandae – Vrydae, 09:00 – 15:00)
Don & Pat Bilton Kliniek (Maandae – Vrydae, 09:00 – 15:00)
Klapmuts Multi-Purpose Centre (Donderdae & Vrydae, 09:00 – 15:00)
Klapmuts Kliniek (17, 18, 24, 25 Maart, 09:00 – 15:00)
Groendal Gemeenskapsaal (22 Maart, 09:00 – 15:00)
Van Der Stel Sportsgronde (Maandae – Vrydae tot 31 Maart, 09:00 – 15:00)
Kayamandi Corridor (23 Maart, 09:00 – 15:00)
Universiteit van Stellenbosch se Lentelus Sportsgronde (Maandae – Vrydae, 09:00 – 15:00)
Distell Bergkelder Inentingsfasiliteit (Maandae – Vrydae, 08:00 – 16:00)
Die span by Van Der Stelsaal is gereed om jou te help. Wes-Kaap Gesondheid bied jou die Covid-19-inentingsdiens hier tot 31 Maart.