Bliksem was die antwoord

Op die Duiwel se Spoor

Ben Bliksem Booysen, Nicki Gules

Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Bliksem Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek. Teen die tyd dat Booysen die saak oorneem, is 11 mense reeds grusaam vermoor deur ’n groep wat hulself Electus per Deus noem.

 

Booysen, die seun van ’n mynwerker wat lief was vir die bottel en die vuis, se grootwordjare sou min mense laat dink dat hy een van SuidAfrika se grootste moordsake sou oplos. Maar aangevuur deur ’n verbete sin vir geregtigheid haal hy koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein agter die moorde, Cecilia Steyn, en haar vyf makkers aankeer.

Saam met die Sunday Times-joernalis Nicki Gules onthul Booysen skokkende besonderhede van polisie-onbeheptheid en nuwe, sensasionele inligting oor die moordenaars, hul misdade en lewe in die tronk, in ’n makabere verhaal wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.

 Oor die skrywers

Ná ’n loopbaan van 40 jaar in die SAPD verwerf kaptein Ben Booysen oornag heldestatus in die treffer-TV-reeks Devilsdorp as die man wat die berugte Krugersdorp-moordenaars vasgetrek het. Aangevuur deur ’n sin vir geregtigheid, verg dit drie jaar se hardnekkige speurwerk van Booysen om Cecilia Steyn en haar trawante agter tralies te kry.

Nicki Gules het haar in ’n lang loopbaan in die media onderskei as joernalis. Sy het onder meer vir City Press en The Times gewerk en is tans assistentredakteur: Nuus en Ondersoekende Joernalistiek by die Sunday Times.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!