D-Dag vir Maties in Varsitybekerreeks
Vanaand is dit sulke tyd vir Maties se Varsitybeker-rugbyspan: klop Tukkies op die Danie Craven-stadion en word weer die Varsitybekerkampioene.
Maties het verlede week hul plek in die finaal verseker deur die Ikeys in Kaapstad oortuigend met 58-9 te oorrompel. Tuks het op hul beurt klaargespeel met Simlas om hul kaartjies na Stellenbosch te bespreek.
Daar is ‘n paar spelers waarvoor die Tukkies vanaand sal moet ligloop, maar dit is veral die Maties se pak voorspelers wat weer die guns in die Stellenbossersse rigting kan swaai. Die haker Sean Swart lei die aanval en het deur die loop van die kompetisie getoon dat hy sy gewig in goud werd is. Hy het ook saam met die Ikeys se haker die meeste drieë in vanjaar se kompetisie gedruk
Nevaldo Fleurs, Maties se op-en-wakker losskakel, vorm ook deel van die voorhoede as dit kom by aanval, goeie verdediging en spelskepping. Hy is ’n puntemasjien en sal ook vanaand met sy akkurate skopskoen ‘n belangrike rol speel om die Maties se telbord aan die rol te hou. Voeg daarby die vlugvoetige Anton du Toit endie sterk hardloper Mike Mavovana, en Tukkies sal hul keer moet ken.
Tukkies se skopwerk was deur die verloop van die kompetisie van hoogstaande gehalte, maar die wind in die Danie Craven-stadion bring ’n ander dimensie na sulke spel. Tukkies se skrumskakel Bernard van der Linde, losskakel Walter Visser en heelagter Stefan Coetzee sal waarskynlik kombineer om gebiedsvoordeel met hul skopwerk te probeer bewerkstellig.
Fleurs draf weer uit as losskakel, ondanks die terugkeer van die gereelde Maties-no.10, Adriaan van der Bank, wat die heelagterposisie gaan vul. Hul spelplan sal seker in ’n groot mate deur die spelers bepaal word.
Natuurlik gaan ‘n vol stadion ‘n groot invloed op die verloop van die spel hê en ‘n mens kan verwag dat ‘n vloedgolf maroentruie die stadion gaan vol pak. En die Maties verloor nie sommer ‘n wedstryd op hul tuisveld nie.
Hopelik bly dit vaaand lente in die Boland!
FNB MATIES vs FNB UP-TUKS (19:00, Danie Craven-stadion)
FNB Maties – 15 Adriaan van der Bank (k), 14 Mike Mavovana, 13 Waqar Solaan, 12 Taigh Schoor, 11 Anton du Toit, 10 Nevaldo Fleurs, 9 Thomas Bursey, 8 Simon Miller, 7 Louw Nel, 6 Gift Dlamini, 5 Matt Gray, 4 Juan Beukes, 3 Matimu Manganyi, 2 Sean Swart, 1 Vernon Matongo.
Subs: 16 Chris Rossouw, 17 Rhynhardt Rijnsburger, 18 Corné Weilbach, 19 Jesse Johnson, 20 Siyabonga Matanda, 21 Mckyle Volmoer, 22 Jurie Mathee, 23 Marcqiewn Titus.
FNB UP-Tuks – 15 Stefan Coetzee, 14 Kabelo Mokoena, 13 Zander Reynders, 12 Lincoln Daniels (k), 11 Tharquinn Manuel, 10 Walter Visser, 9 Bernard van der Linde, 8 Orateng Koikanyang, 7 Stephan Smit, 6 Dian Schoonees, 5 Divan Venter, 4 Mihlali Stamper, 3 Francois Klopper, 2 Allister Williams, 1 Ethan Burger.
Subs: 16 Werner Fourie, 17 André van der Merwe, 18 Daniël Wessels, 19 Justice Nkombua, 20 Hilton Gie, 21 Chad-Lee Valentine, 22 Keane Galant, 23 Ambesa Zenzile.