Bloemhoffers presteer by Stellenbosch-eisteddfod

Jeanni Wiese behaal reeks prestasies

Verskeie leerdere van Bloemhof her puik prestasies by die onlangse Stellenbosse eisteddfod behaal. Die leerders en hul prestasies is soos volg:

Nina Conradie en Naomi Briggs het die Bessie van Brakel-wisseltrofee vir die senior klavierduet gerwerf.

Jeanni Wiese het ‘n hele reeks puik prestasies behaal. Sy het die Phil Weberbeker vir beste prestasie met altblokfluit gewen, die Distriksbankwisselbeker vir die hoogste Individuele blokfluitprestasie (sy deel die beker met Benedict Devantier), die Stellenbosch-eisteddfodmedalje vir sopraan- of altblokfluit in die ouderdomsgroep 15 jaar en ouer, die Karin Maritzbeker en die Stellenbosch-eisteddfodmedalje vir die mees veelsydige senior speler wat gebruik maak van 2 of meer blokfluite.

 

Jeanni Wiese het ‘n hele reeks puik prestasies behaal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!