Die liedjies wat ons was
Die liedjies wat ons was 1 Oktober 2022 – 31 Desember 2022 Hierdie uitstalling is gebasseer op fragmente van volksliedjies soos opgeneem in die FAK-sangbundel uitgegee in 1970 wat onder leiding van Dirkie de Villiers as hoofredakteur saamgestel is.
“Met die herlees van die lirieke, was ek om die beurt verbaas oor hoeveel van die woorde ek kon onthou, maar terselfdertyd onthuts oor die inhoud daarvan,” vertel Theo Kleynhans oor die tema van sy jongste uitstalling by Rayvolt in Birdstraat.
“Mense wankel tussen walging en nostalgie. Jy word herverseker deur die absolute herkenbaarheid daarvan, maar in sommige gevalle is mens tog op die agtervoet oor die bloeddorstigheid en taktloosheid van die lirieke. Die liedjies word ’n tydsdokument van waar ons vandaan kom en herinner ons nie net aan wie ons vandag is nie, maar ook wie ons kollektief was.”
Kleynhans sê hy kyk met ’n sagte oog na die woorde wat ons almal ken en wat mens ook soos ’n wiegeliedjie sus.
“Jy word tog meegvoer na ’n minder gekompliseerde verlede, maar jy besef ook dat dit blote skyn was dat die lewe wel minder gekompliseerd was. Soveel van ons Afrikaner-identiteit was geskool op ’n uitsluitende nasionalisme wat ’n idilliese, ongekompliseerde samelewing voorgehou het. Die koeitjies was in die klawer en die perdjies in die hawer. Alles op sy plek soos dit hoort. Om opnuut na hierdie liedjies te kyk, relativeer weer mens se huidige bestaanswêreld, maar hopelik is ons oë en ore nou oop,” verduidleik hy die tema van sy kunswerke.
Die uitstalling is reeds oop en is gekurateer deur Tiaan van Deventer. “Die leidjeis wat ons was is ‘n solo-uitstalling deur Theo Kleynhans. Op 15 Oktober im 15:00 is daar ‘n optrde deur Bernard Braaibroodjie om die uitstalling te vier.