Valiant se “Langpad”-dans op Maandagoggend

Nuwe musiekvideo nou te kry

Valiant Swart, een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars, het pas sy nuwe musiekvideo, “Lied van die langpad”, vrygestel. Die maak van die musiekvideo was ‘n groot sukses en het ‘n aansteeklike vibe en ongelooflike energie in die lug gehad. Swart sê hy het lanklaas so helder oordag gedans, en dit op ‘n Maandag nog!

“Die eindproduk van die musiekvideo is fantasties,” vertel Valaint. Die energie is amper tasbaar en die filmspan het uitstekend daarin geslaag om die beste uit die rolspelers te kry. Die produksie het almal met groot glimlagte agtergelaat. Swart is trots op die afwerking van die musiekvideo en glo dit sal die harte van sy ondersteuners verower.

Die regisseur en sy span het puik werk gelewer deur die energie van die liedjie oorgedra te het na die skerm.”Ek wil die hele span bedank vir hul harde werk en toewyding aan hierdie projek,” het Swart bygevoeg.

Valiant is ‘n gebore en getoë Stellenbosser wat al sedert 1995 sy merk in die  Afrikaanse musiekwêreld maak, en het reeds 16 albums vrygestel. Sy debuutalbum was Die Mystic Boer, uitgereik deur Rhythm Records.  

Benewens sy sukses as sanger, is Valiant ook ‘n erkende akteur en televisie-aanbieder. Hy was die hoofkarakter in die gewilde TV-reeks Song vir Katryn en het ‘n reisprogram oor jazzmusiek, 40 dae deur die Delta, asook ‘n kuier-/reisprogram Mooiloop, vervaardig. In 2008 is hy saam met Ollie Viljoen met ‘n SAMA-toekenning vir hulle album Vuur en vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon.

Die musiekvideo en die snit “Lied van die Langpad” is deel van ‘n volledige album ”Rondry, fliek en die Buitelewe”. Die album bevat 10 snitte en die inspirasie daarvoor het hy gekry van sy lang jare as reisende musikant na optredes kruis en dwars oor die land.

Mede-musikane wat deel is van die album sluit in die baskitaarspeler Schalk Joubert, kitaarspeler Illimar Neitz, tromspeler Jorik Pienaar, klawerbord-, orrel- en klavierspeler Simon Orange, Melissa van der Spuy en Pietman Geldenhuis as agtergrondsangers en Hugo Veldsman wat met die verwerking gehelp het.

“Lied van die langpad” se musiekvideo is nou beskikbaar op Youtube by https://www.youtube.com/watch?v=x-NCNtLg8fw

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!