Blaauwklippen se Before & After – ’n juweel uit ’n glips!
Wat ’n paar jaar gelede as ’n glips tydens versnyding ontstaan het tussen ’n tenk rooi edellaatoeswyn en brandewynspiritus in die kelder, het op die ou end in Blaauwklippen se lekkerste “versnyglips” uitgedraai – die landgoed se lipleklekker Before & After, ook bekend as Kersfees-in-’n-bottel.
Hierdie hemelse drankie, aangebied in ’n pragtige bottle, wat dit ’n puik geskenk maak, is ’n versnit van houtverouderde rooi edellaatoeswyn en Blaauwklippen se potketelbrandewyn. Die sensuele geure van Kersfeesspeserye dien as “ruggraat” vir hierdie brandewyn-gefortifiseerde aperitief.
Met die koue weer wat tans ervaar word, stel die landgoed se wynmaker, Narina Cloete, voor dat die Before & After geniet word, op sy eie, langs ’n knetterende kaggelvuur na ’n lang dag of as ’n drankie vir na ete, middag of aand. Before & After werk ook puik as ’n bestanddeel in skemerkelkies of met disse wat smeek vir daardie Kersfeesspeserye.
Blaauwklippen se Before & After is tans net op die landgoed beskikbaar teen R440 per bottel. Vir meer inligting, besoek www.blaauwkippen.com.
Blaauwklippen, wat in 1682 tot stand gekom het, is een van die oudste wynplase in die Stellenbosch-wynstreek. Die landgoed is geleë te midde van antieke blougrys klippe, vandaar die naam, in mineraalryke grond teen berghellings en is bekend vir die produksie van wyne wat hul oorsprong weerspieël en in harmonie met die natuur is.