Hedendaagse Afrikaans
Cornelia de Kock
Presies honder-agt-en veertig jaar gelede, op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. Die eerste poging om Afrikaans tot ’n taal te verhef wat al die fubksies wat van ’n wêreldtaal verwag word, kan verrig.
Terwyl geleerdes redekabel oor die term, Standaard Afrikaans, hoop ons van harte dat die amptelike erkenning van Afrikaans,honderd jaar gelede, op 8 Mei 1925 gevier sal word.
Baie mense probeer Engels met ’n Oxford-aksent praat, terwyl ’n derde taal foutloos moet wees, maar Afrikaans kan maar gebrabbel word.
Vergeet nou maar van die tieners se awesome, predikante se commit, kinders se cup cakes en kunstenaars se shows. Daaraan is nie meer salf te smeer nie. Laat ons fokus op omroepers en onderhoudvoerders se geradbraakte Afrikaans.
Geagte leser, indien Mimi Coertse se “O, Moedertaal, o soetste taal…”, jou hartsnare steeds roer, lees gerus hierdie skryfstuk en kyk hoeveel foute jy kry?
Ek was in die Wildtuin gewees. Nou moet ek al die pad terugry na Stellenbosch. Ek hoor aanmekaar dat ek versigtig moet wees. My antwoord daarop is: “Ek doen.”
Natuurlik hoop ek om betyds te wees vir die Woordfees, want ek wil nie graag daarop uitmis nie.
Op pad het ek by ’n plaasstalletjie kolwyntjies gekoop. Die verkoopsvrou het gevra in wat sy dit moes verpak, papier of plastiek? Hierdie gebak is by verre die beste wat ek ooit geproe het.
RSG het die lang pad korter gemaak. Die dame wat haar eie liedjies laat voorspeel het, het vertel hoe lekker sy as jongmeisie op dit gedans het.
Tussenin het Haas Das pille wat die snelswerkende in rumatiekgenesing is, geadverteer.
Ja, enige mens kan ’n bekostigbare begrafnis hê, want alhoewel ons verskillend is, het ons ook baie in gemeen.
Die sportinsetsels was, soos altyd, interessant. Die kommentator het net genoem dat die Springbokke alles gaan moet doen om weer die Wêreldbeker te wen.
Ek luister gewoonlik met ’n halwe oor na die finansiële program, want al wat hul altyd opbring, is die rentekoerse. Ja, en vir die soveelste keer het die Rand teen die Heuro verswak. Die aanbieder vra dan gewoonlik aan die kenners, die volgende vraag:”Wat maak julle hiervan?”
Tydens die gesondheidsprogram was ek nogal geskok om te hoor dat die nommers Covid-gevalle aan die toeneem was.
Langs die pad het ek opgemerk dat enkele boere saffraan groei – daarvan weet ek net so min as ’n kat, maar ek is seker hulle groei hul besighede.
Dan was daar die professor wat oor die gevare van pornografie gepraat het. Sy het ouers aangemoedig om met hul kinders oor dit te praat; dit is uiters belangrik dat hulle van dit moet weet.
Ek het veilig my bestemming bereik – amper gevoel asof ek reg deur die land getoer het. Ek was tog fisies moeg. Almal wou weet met wat ek so vinnig gereis het.
Ek het geantwoord dat ek die hele tyd veilig gevoel het omdat ek goed bestuur en dat ek ’n Vader het wie my beskerm.
Cornelia de Kock