Koshuispraktyke opnuut in kollig
Die herrie is behoorlik los op Stellenbosch en veral by die Wilgenhof-manskoushuis nadat nuus oor die bestaan van “gruwelkamers“ wat na bewering vir bedenklike wanpraktyke gebruik is, aan die lig gekom het.
Aan die anderkant is daar ‘n dawerende stilte van sowel Wilgenhoffers as die US bestuur oor die voorval en ‘n kombers van geheimhouding is oor betrokkenes getrek en monde gesnoer.
Die universiteit het in ‘n verklarting gesê hy kan nie in hierdie stadium uitbrei oor die besonderhede van die artikels nie, aangesien dit die onderwerp is van ‘n deeglike bestudering deur ‘n paneel ondersoekers. Die paneel sal die US-bestuur daarna adviseer oor die verdere toepaslike hantering van hierdie aangeleentheid, maar sal onverpoosd voortgaan om onaanvaarbare praktyke van die kampusse en koshuise uit te roei.
Na bewering is die eerste kamer wat ontdek is gebruik vir rituele en die toediening van dissiplinêre prosedure aan sekere inwoners van Wilgenhof. Gebruikte kondome, eierdoppe, grafitti teen die mure en konkoksies van roulynolie en sement is ook daar gevind. Die sg Nagligte, Wilgenhof se dissiplinêre komitee, het hierdie items na bewering in hul ritulele gebruik, ook tydens ‘n ontgroeningsgeleentheid, bekend as die “Vleisfees“.
Ook ontstellend was swart musse, wat gestileer is volgens die berugte Ku Klux klan se uniforms en met die syfers 88 daarop aangebing en wat ‘n sterk Nazi-verbintenis het en ook hier gevind is.
News24 het berig dat die Nagligte, die Wilgenhof-strafkamers vir dekades gebruik het. Foto’s by die berig lyk soos seksuele aanranding en misbruik van mansstudente. Daar is ook ‘n foto, gedateer 2020/21 van die Nagligte, met hul gesige ontbloot. Die kop van ‘n vark lê voor hulle op die grond.
Daar is talle tekeninge teen die mure en ‘n tipe dagboek is gevind waarin optredes, name en datums sowel as die aard van hierdie handelinge noukeurig aangeteken is. Die jongste dateer uit 2023.
“In ooreenstemming met ons volgehoue verbintenis tot die beginsels van goeie bestuur, sal ʼn span die items bestudeer, en dan aanbevelings aan die Uitvoerende Bestuur maak oor gepaste volgende stappe in die hantering van die saak,” sê prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, wat verantwoordelik is vir studentesake.
Paul Joubert, ‘n Stellenbosse student, het reeds in 2020 ‘n artikel gepubliseer met die titel “The Truth about Wilgenhof“ waarin bewering van wanpraktytke tydens ontgroening gemaak is.
Een kommentator, wat om verstaanbare redes anoniem wil bly, het gewonder of die huidige kanselier van die US, regter Edwin Cameron, ook van die gruwelgrotte geweet het aangesien hy ook ‘n inwoner van Wilgenhof was.
In ooreenstemming met ons volgehoue verbintenis tot die beginsels van goeie bestuur, sal ʼn span die items bestudeer, en dan aanbevelings aan die Uitvoerende Bestuur maak oor gepaste volgende stappe in die hantering van die saak,” sê prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, wat verantwoordelik is vir studentesake.
Die US bly verbind tot die welwees van almal op ons kampusse. Die US het ook koshuisreëls, regulasies en prosesse hersien – en het leiding gebied om koshuisgrondwette en –praktyke met dié van die Universiteit se waardes en missie te belyn. “Dit is deel van ons visie dat studente ‘n positiewe en transformerende ervaring by ons instelling beleef,” sê prof Ramjugernath.