Kalahari-hart klop warm by Molopo Lodge
Die Molopo Kalahari Lodge is geleë in die streek wat bekend is as die Groen Kalahari, 60 km vanaf die wêreldbekende Kgalagadi-oorgrenspark en ideal geleë vir reisigers wat na Namibië en Botswana reis.
Die Molopo Kalahari Lodge is vernoem na die rivierbedding wat voor die lodge geleë is. Hoewel hierdie rivier min vloei, is dit steeds ‘n besienswaardigheid, en gevul met ’n verskeidenheid dierelewe wat besoekers op ‘n prettige gesinsstaptog kan teëkom. Molopo Kalahari Lodge bied ’n verskeidenheid verblyfopsies.
Met jou aankoms moet jy inloer by die bekende Molopo Kalahari Bar. Jy kan na jou lang dag een van hul heerlike skemerkelkies geniet, of ‘n yskoue bier om die Kalahari-stof mee af te spoel en dalkloop jy net ‘n paar ander Kalahari-ontdekkingsreisigers raak wat hul ervarings met jou wil deel.
Die Molopo Kalahari Lodge spog met luukse chalets met lugversorging en en suite-badkamers, kampeerplekke met jou eie badkamer en elektrisiteit, ‘n à la carte-restaurant met binne- en patio-sitplek, grootskerm-TV en ruim sitkamer, ‘n trou- en konferensielokaal, swembaddens, wasgoeddienste en 24 uur-sekuriteit.
Hierdie lodge stel nie teleur wanneer dit kom by eindelose ontspannende aktiwiteite om saam met jou geliefdes te geniet nie. Die Molopo Lodge is naby een van die San-groepe – die Khomani San – en sou jy lus voel om ‘n kultuurgevulde aktiwiteit te geniet, bied hulle uitstappies aan om meer te leer van die medisinale plantegroei van die Kalahari en toere waar jy die tradisionele etes van hierdie inheemse volk kan proe.
Gaan stap in die duine en pasgemaak vir die meer avontuurlustige gaste kan hullle ‘n ‘sand board’ kry en energieke ritte teen die duine af wat naby die Molopo Kalahari Lodge gesien kan word. En vir die ou siel wat rustigheid en stilte soek – is daar voëlkyk. Daar is niks beter as om wakker te word met die geluid van voëls en die son wat sy goue strale in jou kamer skyn nie. By Molopo Kalahari Lodge kan jy baie endemiese voëlspesies sien.
Molopo Villa
Molopo bied ‘n ontvlugting van die werklikheid met die luukse villa’s. Die villa’s is geïsoleer van die res van die lodge sodat gaste die rustigheid van moeder natuur kan waardeer. Hierdie villa’s is toegerus met alles wat jy moontlik nodig het. Geniet lugversorging, en suite-badkamers, ‘n swembad en heerlike aande deur net na die knetterende vuur en die strelende Kalahari-klanke te luister. Daar is ‘n volledig toegeruste braai-area wat ‘n rooster en vuuraanstekers insluit.
Molopo Chalets
Daar is 10 stylvolle chalets wat ’n bietjie meer privaat en verder weg van die hooflodge geleë is. Elke chalet het sy eie buitebraai en jy kan een van die twee privaat swembaddens wat aan die bo- en onderkant van die chalets geleë is benut.
Molopo Tented Chalets
Vir ‘n egte Kalahari-ervaring is daar 6 tent-chalets met slaapplek vir 4 elk wat op die omliggende Kalahari-duine skuil en uitkyk oor die lodge vanaf hul individuele privaat houtdekke. Elegante buitestorte sal jou een met moeder natuur laat voel. Die tent-chalets met hul oprolkante laat jou toe om die wonderlike omgewing in te neem terwyl jy op jou bed lê. Hierdie chalets is stapafstand vanaf die restaurant en swembadarea. Daar is ‘n wye verskeidenheid braaipakke beskikbaar by ontvangs vir diegene wat ‘n regte Kalahari-braai wil geniet. Ons sal jou ook voorsien van al die nodige eetgerei en breekware en ons dek die tafel vir jou. Dié chalets is toegerus met 2 enkelbeddens en 1 dubbelbed, ‘n en suite-badkamer met buitestort, ‘n privaat dek, lugversorging, wasgoeddienste en 24-uur-sekuriteit.
Molopo-rondawels
Die terrein huisves ook 10 luukse rondawels wat langs die hoofswembad in die tuin onder welige Kalahari-doringbome geleë is. Hierdie rondawels is langs die hooflodge en restaurant. Elke rondawel het sy eie buitebraai wat oor die hoofswembad uitkyk. Daar is ‘n wye verskeidenheid braaipakke beskikbaar by ontvangs vir diegene wat ‘n regte Kalahari-braai wil geniet. Ons sal jou ook voorsien van al die nodige eetgerei en breekware en ons dek die tafel vir jou. Hierdie chalets is toegerus met ‘n en suite-badkamer, buitebraai, lugversorging, swem, wasgoeddienste wat opsioneel is en 24 uur-sekuriteit.
Molopo kampeer chalets
Die Molopo Camping Chalets is die verste van die lodge en restaurant en is by die ingang van die Molopo Kalahari Lodge geleë. Hierdie 6 individuele chalets is nie net gerieflik nie, maar ook baie ruim – elk met hul eie privaat braaigeriewe en ‘n sentrale Massai-styl boma-omhulsel wat deur almal geniet kan word. Die hoofswembad en restaurant is net stapafstand weg. Daar is ‘n wye verskeidenheid braaipakke beskikbaar by ontvangs vir diegene wat ‘n regte Kalahari-braai wil geniet. Dié chalets is toegerus met 2 enkelbeddens en 1 dubbelbed, ‘n en suite-badkamer, buitebraai, lugversorging, wasgoeddienste en 24 uur-sekuriteit.
Molopo Restaurant
Etes kan binne of op die stoep geniet word. Die Molopo-restaurant is bekend vir sy gemsbok Cordon Bleu en heerlike springbokpasteie. Tradisionele etes soos bobotie, beesstert, skaapstertjies, rib, steak en vis word ook bedien. Dan is daar die heerlike Molopo-poeding – melktert-malvapoeding – om jou ete af te sluit.
Kontakbesonderhede:
Tel: 054 511 0008
info@molopolodge.co.za
www.ncfamouslodges.com/molopo-kalahari-lodge/