Meridian nou voorste SA-wynverskaffer

Skop stof in 21 ander verspreiders se oë

Die Suid-Afrikaanse wynverspreider Meridian Wine Merchants is pas as die land se voorste drankverskaffer aangewys.

Meridian is vanjaar die ontvanger van die Advantage Group se Advantage-prys vir die top drankverskaffer van 2023. Hierdie prys spruit uit ’n omvattende opname, getiteld die ‘Advantage Voice of Retail Program South Africa 2023’, en sluit terugvoer van nasionale groothandel-, kleinhandel- en ander verspreidingsnetwerke in.

Meridian se sterk markleierskap, sowel as toewyding tot premie-wynverkope, bemarking en verspreiding het gesorg dat hulle vanjaar nagenoeg 21 ander voorste drankverskaffers in die opname kon uitstof.

Nagenoeg 17 handelaars en 80 individue uit die sektore vir kommersiële aankope tot onder meer

e-handel en bemarking het aan die opname deelgeneem. Daarmee saam is meer as 50 persoonlike onderhoude met drankhandelaars gedoen.

Die resultate sluit ’n gestandaardiseerde rangorde tesame met Meridian se maatskappytellings vir onder andere ‘vennootskappe’, ‘uitvoering’, ‘reputasie’ en ‘visie’ in, sowel as hul algehele prestasie. Dít alles word deur 26 bevoegdhede onderskraag.

Meridian het onderskeidelik die hoogste tellings op eie bodem vir ‘uitvoering’ en ‘visie’ ontvang. Daarmee saam is die maatskappy ook geprys vir hoe goed hulle vaar met kliëntediens, om verpligtinge na te kom, bevoegdheid en ervaring, om aanvraag te bestuur, sowel as reeksverskeidenheid  optimalisering. Hierdie toekenning en program is deel van ‘Advantage Voice of Retail and Voice of Supplier’-programme wat in meer as 50 markte wêreldwyd aangebied word.

Volgens Shane Allchin, die besturende direkteur vir Meridian Wine Merchants, is hy ongelooflik trots op sy span se prestasie.

“Dit is werklik baie bevredigend om algeheel die hoogste tellings te ontvang – veral vir aspekte soos ‘visie’ en ‘uitvoering’. Dit is een ding om ’n visie te hê, maar iets heeltemal anders om dit prakties en suksesvol te kan implementeer. Ons span se vermoë om in hierdie bedryfsbevoegdhede te kan uitblink is die kern tot ons sukses. Hierdie prys is net weer ’n bewys van ons onwrikbare toewyding tot ons vennote en kliënte.”

Meridian bly deurentyd gefokus op kliënte-betrokkenheid en bedryfsuit-nemendheid, en hulle toewyding het uiteindelik gesorg dat hulle die prysontvanger vir 2023 is.

“Die Meridian-span het oor die afgelope jaar daarop gefokus om sterk vennootskappe te bevorder en nuwe standaarde vir die bedryf te stel. As die ontvanger van die 2023-prys het ons ’n beduidende sprong gemaak van ons vyfde plek in 2022.

Dit bewys net weer ons verbintenis tot volgehoue verbetering en uitnemendheid,” sê Damian Ganes, Meridian se nasionale verkoopsbestuurder.

Meridian Wine Merchants se toewyding tot kliëntediens en die nakoming van verpligtinge het hulle posisie as ’n betroubare vennoot in die mark verstewig.

Luidens die opname was kliënte se terugvoering oorweldigend positief. Die respondente het onder meer Meridian se vermoë geprys om verpligtinge na te kom en aanvraag doeltreffend te bestuur. Hierdie tipe terugvoering verstewig net weer die maatskappy se rol as ’n sleutelspeler in die

Suid-Afrikaanse wynbedryf met ‘n portefeulje van premie-handelsmerke.

“Die feit dat Meridian Wine Merchants as die top-drankverskaffer in Suid-Afrika aangewys is, is ’n bewys dat die maatskappy die uitsonderlike vermoë het om sy kliënte se behoeftes te verstaan,” verduidelik Dylan Piatti, die besturende direkteur van Advantage Group Africa.

“Die maatskappy het ’n nuwe standaard gestel in ’n hoogs kompeterende bedryf te danke aan sy fokus op sterk vennootskappe en uitnemende dienslewering. Ons weet sommer dat heelwat maatskappye Meridian se gesogte nommereen-posisie in 2024-’25 gaan najaag. Welgedaan aan die Meridian-span!”

Meer oor Meridian Wine Merchants

Meridian Wine Merchants is ‘n premie-wynverspreider in Suid-Afrika, bekend vir sy uitgebreide portefeulje van premie-wynhandelsmerke. Meridian is toegewyd tot uitnemendheid en fokus daarop om uitsonderlike diens te lewer en blywende vennootskappe in die bedryf te bou. Daarmee saam fokus die maatskappy op wynverkope en -verspreiding, sowel as gespesialiseerde wynbemarking. Meridian bied ’n uitgebreide reeks handeloplossings en dienste. Die maatskappy het ten doel om hulle portefeulje premie-wyne aan mense bekend te stel wat die lewe geniet, terwyl hulle bou aan ’n volhoubare toekoms vir hulle handelsmerke en die maatskappy self.

Lauren Filen (kliënte direkteur Advantage Afrika), Shane Allchin (besturende direkteur Meridian Wine Merchants) en Damian Ganes (nasionale verkoopsbestuurder Meridian Wine Merchants).

Shane Allchin (besturende direkteur Meridian Wine Merchants) en Damian Ganes (nasionale verkoopsbestuurder Meridian Wine Merchants).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!