Oosters boomkuns hier te siene
Die jaarlikse Afrika Bonsai-uistalling vind van 8 tot 10 November in die Stellenbosse stadsaal plaas en beloof om weer ‘n skouspel van hierdie fyn kuns te wees.
Die Stellenbosse uitstalling is een van die mees gesogtes op die Afrika-vasteland en sal hierdie eeue oue kunsvorm aan besoekers ten toon stel.
Bonsai is die antieke kuns om kunstig-ontwerpte bome in keramiekpotte te skep.
Dei tema van vanjaar se uitstalling is The Ma, wat in Bonsa-geledere beteken om die skoonheid te vind in die oop ruimtes, eerder as om die kunsdoek oorvol te maak.
Twee internasionale Bonsai-baanbrekers, Elsa Boudouri van Italië en Jennifer Price van Amerika sal saam met van Suid-Afrika se voorste bonsai-kunstenaars die tema ontgin.
Meer as 200 van die streek se beste bonsai’s sal te siene wees met verkopers, werkswinkels en demonstrasies wat volop opwinding sal verskaf.
Die konferensie word deur die Afrika Bonzai-vereniging aangebied, in samewerking met plaaslike klubs. Dit is daagliks vir die duur van die uitstalling oop tussen 09:00 en 17:00, Sondag tot 15:00, en toegang is slegs R20.