Voorste nuwe jong wynskrywers almal van Stellenbosch

2024 se jong wynskrywer van die jaar aangewys

Die land se voorste nuwe wynskrywer vir 2024 is Skye Nolan van Brackenfell naby Kaapstad. Sy is ook die assistent-wynmaker en nakomingsbestuurderer by die Bellevue-wynlandgoed net buite Stellenbosch. Sy het reed by vier ander Kaape wynlandgoedere gewerk en het op ‘n jong ouderdom reeds ‘n hele paar opvoedkundige – en sakekursusse in die wynbedryf suksevol voltooi.

Skye Nolan by Christo Pienaar, SANWSA-voorsitter.

Die naaswenner is nog ‘n Stellenbosse wynkenner, Alisa Knoblauch van Somerset West, bemarkingsbestuurder by L’Avenir en Le Bonheur-landgoed. Sy het ook in 2019 die tweede plek verower in hierdie kompetisie van die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSA). Die kompetisie word in samewerking met Wineland-tydskrif aangebied.

Alisa Knoblauch was die naaswenner.

Die wenner in die afdeling vir blogs, wat nou reeds in sy 12de jaar is, is nog ‘n wynmaker uit die Stellenbosch-streek, Mika Engelbrecht, wat in beheer is van die Iwayini-wynreeks by Neethlingshof,. Sy was ook deel van Wineland se jaarlikse “30 under 30” wat die kollig op jong sterre in die wynbedryf laat skyn.

Mika Engelbrecht het die beste blog-inskrywing gelewer. Hier is sy by Christo Pienaar, SANWSA-voorsitter.

Die uitslae van hierdie jaarlikse kompetisie is by SANWSA se kantore in die Simonsvlei-kompleks deur Christo Pienaar, SANWSA-vorositter en bennie Howard, ondervoorsitter bekend gemaak.
Skye Nolan het prysgeld van R15 000 vir haar wen-artikel ontvang, Alisa Knoblauch R7 500 as naaswenner en Mika Engelbrecht R3,000 vir die beste blog.
Die kompetsie vir nuwe Suid-Afrikaanse wynskrywrs is oop vir skrywers odner die ouderdom van 30 en word deur SANWSA, ‘n organisasie wat die wynbedryf verteenwoordig aangebied. Die organisasie bied ook die SA Jongwynskou, die Veritas-toekennings en die SA Terroir-kompetisie aan wat almal ten doel het om nuwe talent ind ei SA0-wynbedryf te identifiseer.
Die kompetisie is in twee kategrorieë verdeel en beoordeel, die een vir gedrukte wynverwante tydskrif-artikels en een vir web-blogs wat oor een van vier moontlike voorgeskrewe onderwerpe moet handel.
Nolan se wen-artikel was vir gedrukte media met die titel The Rise, Pause and Reversal of Premiumsation: Where Does South Africa Stand? Sy het bevond dat “The future of South African wine lies in its ability to adapt to the realities of reverse premiumisation and recognise it as a significant development within the industry. As global and local markets continue to evolve, South Africa has the opportunity to lead by example, showcasing how innovation and authenticity can shape the future of wine.”
Knoblauch se artikel, ook vir gedrukte media, het oor die onderwerp van “Reverse Premiumisation” gehandel en sy het gesê: “With rising economic pressures and a global cost-of-living crisis, reliable data suggests that premium wine consumption is slowing as consumers tighten their budgets – signalling that the wine industry must rethink ‘premium’ by moving beyond luxury pricing to embrace values like authenticity, sustainability, and craftsmanship.”
Engelbrecht se blog het gegaan oor “Five ways for wine to appeal to the GenZ consumer” In die blog skryf sy: “By understanding GenZ’s unique preferences and priorities, we can create engaging experiences, promote sustainable practices and foster a more inclusive wine culture.”
Die 2024-beoordelaarspaneel het bestaan uit gesourte wynjoernaliste, insluitend Wanda Augustyn, Cassie du Plessis, Danie Keet, Neil Pendock en Maryke Roberts. Hulle het saamgestem dat vanjaar se inskrywings die entoesiasme van kundige jonger mense in die wynbedryf vasgevang het en hul bereidwilligheid om diwe wêreld van die skryf van artikels en blogs wil betree.
Die paneel het ook gesê dat dit goed is om te sien dat daar na 12 jaar wat die kompetisie aangebied word, steeds jaarliks nuwe stemme na vore kom. Vir hulle sal dit verblydend wees om hul artikels in Wineland gepubliseer te sien.
Wanda Augustyn, redakteur van WineLand Media, het die wenners geluk gewens en gesê hul suksesse is ‘n bewys van die talent en groeiende betekenisvolheid van die skepping van die naratief van hierdie dinamiese bedryf. “Ek glo die perspektiewe van opkomende skrywrs is noodsaaklik om die nuwe genrasie wynentoesiaste te inspireer en om die grense van hoe ons oor wyn dink, praat en daaroor skryf, te verskuif. Julle passie en kreatiwiteit is die hrtklop van die bedryf se toekoms en ons sien daarna uit om te sien hoe jul reis die wêreld van wyn gaan verryk.“
Pienaar, SANWSA se voorsitter het gesê: ”Ons is opgewonde om die belangstelling in hierdie kompetisie by talle nuwe jong wynskrywers op te let wat die talle interessante stories oor die bedryf en die deabt oor ons bedryf te bevorder. Hulle is die nuwe stemme wat met die nuwe verbruikers en wynliefhebbers moet praat.”

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!