Dr Tertius nou ook skrywer

Nuwe boeke vir jou rak

Dr Tertius Jonker van Binnelanders-faam maak vandeesmaand ook sy stem dik as skrywer met die publikasie van sy debuutboek Soldaat.

Buiten sy suksesvolle rol as die enigmatiese dokter in Binnelanders, is Reinhardt Hugo verder bekend as sanger en kitaarspeler van die ewe suksesvolle sanggroep Adam wat al treffers soos Liefde Soldaat, Kasteel, Gebore om jou lief te hê en Iets in die water. Die groep het onlangs na tien jaar se saamspeel ontbind nadat die lede besluit het om afsonderlike loopbane te volg. Adam gaan egter steeds voort met van sy oorspronklike lede, Hugo Ludik, Christoff de Beer en Kyle Grant.

 

Tog, agter die glans van sangtoere, bewonderaars en toekennings, het ’n diep gewonde en verlore siel geskuil. Reynardt, nes soveel ander mans, het jare lank probeer om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie reg te dokter. In hierdie boek vertel hy sy boeiende verhaal, ’n verhaal vol tragedie, intrige en nederlae, maar dis ook ’n getuienis van hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Hugo is in Durban gebore en word groot in Phalaborwa en Pretoria. Hy gaan studeer drama by die Universiteit van Pretoria en vertolk tans die rol van Dr Tertius Jonker in Binnelanders. Hy hetverelde jaar sy sololoopbaan as sanger afgeskop nadat hy Adam verlaat het. Hy is verloof aan Anna en hulle woon in Randburg, Johannesburg.

“Kragtige, passievolle en inspirerende boodskap. Reynardt Hugo se storie is eg en eerlik,” is Hykie Berg, sy medespeler, dr Conrad Bester in Binnelanders, se kommentaar oor die boek.

Leef lig

Nog ’n nuwe boek van Lux Verbi, wat ook Hugo se boek gepubliseer het, is Leeg Lig: Vyf gewoontes van die vroeë kerk en wat dit vandag vir ons beteken.

Jaco Strydom is die skrywer van hierdie boek wat handel oor waaroor di elewe gewoonlik gaan – oor bymekaarmaak, groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy altyd iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom en die kerk het die grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het.

Leef lig motiveer die leser om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat kan help om ‘n lig te wees deur ligter te reis.

Jaco Strydom is die leier van Echo-jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria-gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook ‘n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echogemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.

Maar wat sê ander kenners op die gebied van hierdie onderwerpe:

“Jaco praat nie net profetiese taal nie; hy beliggaam dit ook in sy lewe en in die Echogemeenskap, wat grensloos, kleurloos en statusloos mense met die Here se liefde omarm.” – Stephan Joubert

“Jaco se werk met weerloses en dikwels stemloses het deel van die krag van sy eie stem geword.” – Le Roux Schoeman, Kerkbode.

“Jaco Strydom word al meer gesien as ’n profeet na wie se stem geluister moet word.” – Neels Jackson

Leef Lig deur Jaco Strydom kom ook uit die Lux Verbi-stal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!