Pers-pret by lekker plaasstalletjie

Local is lekker en pers is ‘n kleur vir pret

Gaan op ‘n ondekkingsreis in die Kaap saam met Burst of Annette en Stellenbosch Monitor. Ons bring vir jou die bekende name en die weggesteekte geheime.

Vandag op ons lushoflys gaan ons pers!

Wanneer jy die pers windpomp langs die R44 naby Klapmuts sien, kan jy gerus indraai en die pad volg tot ‘n verrassing van gebeurlikhede. Nie net is die uitsig prentjiemooi nie, maar hier op die Uitspanplaas kan die hele gesin naweek ervaar.

 The Purple Windmill beloof om elkeen, oud en jonk te vermaak. Vir die kinders is daar ‘n unieke speelpark met toesig, terwyl ouers kuier by die Kruipmol. Musiek, craft beer on tap en ‘n heerlike spyskaart gee jou ‘n rede om terug te sit en te ontspan. Die koel tent of groot grasperk sorg vir ‘n luilekker terugsit. Strooibale en reuse-sambrele gee ‘n plaaservaring terwyl jy die kunstenaars se musiek kan geniet.

Wil jy jou gholf afslaanvernuf op die proef stel of oefen? Nuut in die Wes Kaap is The Purple Windmill se watergholfbaan. Die speletjie beloof groot pret vir beide mamma en pappa. Selfs die onervare gholfspeler kan sy of haar hand met die spel probeer.

Ondersteun plaaslik en besoek die Plaasmol Mark en kwekery. Stalletjie-eienaars bring elke Saterdag en Sondag vir jou die beste in handgemaakte produkte, alles onder een dak vir jou gerief. Die kwekery is nie net ‘n lushof om deur te stap nie, die pryse is ook aanloklik en bied ‘n wye verskeidenheid van plante.

Vir die kunsmens word daar ook voorsiening gemaak. Verf- en pottemakeryklasse word op selektiewe tye aangebied om die kunstenaar in jou wakker te maak. Is dit nie algemeen bekend dat kuns eintlik terapie is nie?

The Purple Windmill bied ‘n uitstekende venue vir troues en funksies en kan met gemak tot 200 mense akkommodeer. Die dansvloer spog met ‘n oppervlakte wat 160 voete kan hanteer. The Purple Windmill kan jou geleentheid se wyn en ete behartig.

Nuut tot die Reservoir Restaurant is die wyn- en gin-paring. Proe en paar die beste wyn wat The Purple Windmill het om te bied terwyl jy die plaasstaaltjies geniet. Die gin-pairing word in samewerking met Cape Town Gin aangebied.  Die versnaperinge kom natuurlik uit die Reservoir se eie kombuis.

Vir besprekings of meer inligting besoek gerus die webtuiste by: http://www.purplewindmill.co.za/ en maak seker om The Purple Windmill op sosiale media te volg: https://www.facebook.com

Plaaslike-groete

Annette

Kos er heerlike wyn is by die stalletjies beskikbaar.
Die interieur is smaakvol en lig versier en verwelkom besoekers aan hierdie besonderse plaasstal.
‘n Verskeidenheid gin word aangebied.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!