Bloemhof vier verjaardag

Bloemhof vier 147 geseënde jare

Die Hoër Meisieskool Bloemhof het op 11 Maart die skool se 147ste bestaansjaar gevier.

Verskeie reüniegroepe, onder meer die klas van 2002 en 2012, het kom inloer, maar dit was ook ’n voorreg om vanjaar drie Bloemhoffers van die klas van 1949 by die skool terug te verwelkom.

Die hoofleiers van Rhenish Girls’ High School en Paul Roos Gimnasium het ook namens hul skole verjaarsdagboodskappe gelewer. Bloemhof se huiskapteine – Emma Beukes, Salomé Lourens en Tilla-Marié Schreuder – het na afloop van die verjaarsdagvieringe blomkranse ter nagedagtenis aan prof. Nicolaas J. Hofmeyr, mej. Lucie Joubert en ds. Johannes H. Neethling, belangrike figure in die skool se geskiedenis, gaan neerlê.

Agter is Paul Roos Gimnasium se hoofleiers – Roché Meyer (hoofseun), Ruben Rossouw en Daniel Dillon (onderhoofseuns) – met Rhenish se hoofleiers, Adri Langford (onderhoofdogter) en Yolisa Tile (hoofdogter) by ons eie hoofleiers, Lona Mhaga (hoofdogter) en Carmen Bonsma (onderhoofdogter), wat voor staan. Foto’s: Stephan Meyer
Huisleiers Emma Beukes (Huis Hofmeyr), Salomie Lourens (Huis Joubert) en Tilla-Marié Schreuder (Huis Neethling) met blomkranse in die drie huise se kleure. Foto Stephan Meyer
Annemarie Stofberg (oudonderwyser), Brieta Muller (1949) en Annamarie de Vos (1954) deel ’n oomblik. Foto Stephan Meyer
Die klas van 2002 en 2012 saam met die graad 11’s in die geografieklas. Foto Stephan Meyer
Almal vier saam verjaardag – die 147ste. Foto: Stephan Meyer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!