KykNET bring Storiefilms terug vanaf 2 April 2022
Storiefilms, elke Saterdagaand op kykNET (DStv-kanaal 144) om 20:00 beloof om nuwe stemme in die die film- en TV-beryf bekend te stel. Van die Storiefilms sal wel nog op fliekNET (DStv-kanaal 149) uitgesaai word.
Werksgeleenthede
Die kykNET Storiefilm-projek is aan die einde van 2019 geloods met die doel om die fliekaanbod op die kanaal uit te brei en om werksgeleenthede in die plaaslike filmbedryf tydens die Covid-19-pandemie te skep. Kykers was gaande oor die inhoud en die projek is uitgebrei.
Stories:
Sak & Pak: Saterdag 9 April om 20:00 met Marco Spaumer en Jeani Swiegelaar. Regisseur– Johannes Pieter Nel
Elsa en Magriet op skou: Saterdag 16 April om 20:00 met Rina Nienaber en Woutrine Theron. Regisseur – André Velts
Dolla: Saterdag 23 April om 20:00 met Robyn Rossouw en Hildegard Whites. Regisseur – Ingrid Paulus.
‘n Snuf in die neus: Saterdag 30 April om 20:00 met Ryno Hatting, Jurgen Hellberg, Matie van Graan, Pascial Wakefield en Isabella Mostert. Regisseur – JC Snooke.
TV-groete
Annette