Laaste in Recce-reeks nou hier

Op my bedkassie

1 Recce: Onsigbaarheid is ons krag, Volume 3

Dr. Alexander Strachen

Die Slag van Cuito Cuanavale

Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank ‘n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte.

 “Die inval het Swapo duur te staan gekom. In die nege dae is 273 Swapo-soldate doodgeskiet. Aan die Suid-Afrikaanse kant het 23 manne gesterf. Op 26 April 1998 is die SAW en Polisie in hul basisse.” – 1 RECCE –

 Spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings

In 1 Recce: Onsigbaarheid is ons krag onthul skrywer Alexander Strachan die omvang van die Recces se betrokkenheid by Cuito. Hierdie is die laaste boek in die trilogie oor 1 Recce en Strachan voer die leser saam op nagtelike seewaartse operasies tot in die hart van Luanda. Die leser ervaar die reis deur moerasse in Mosambiek en uiteindelik tot in die Grensoorlog se finale veldslag.

Sketse en foto’s

Die boek bevat kaarte, sketse en fotomateriaal en die leser kry ‘n visuele beeld en ‘n dieper blik oor die gebeure, plekke en mense.

Die skrywer

Hierdie bekroonde romanskrywer was self ‘n Recce. 1 Recce: Die nag behoort aan ons is in 2018 uitgegee en was die skrywer se eerste nie-fiksie werk. Die aksiebelaaide 1 Recce: Agter vyandelike linies is in 2020 vrygestel en het die tweede in die trilogie reeks geword nadat die eerste ‘n verwagting vir ‘n opvolg geskep het. Strachan het die derde, en laaste boek in die reeks – 1 Recce: Onsigbaarheid is ons krag in 2022 uitgegee. Die trilogie is by toonaangewende boekwinkels en aanlyn beskikbaar.

Lekker-lees groete

Annette

In samewerking met NB Uitgewers

Die voorblad v an Volume 2 die verhaal van 1 Recce se ro in die Bosoorlog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!