Nuwe reeks van ‘Op my eish’ begin die week
‘n Splinternuwe seisoen van die gewilde kykNET realiteitsreeks ‘Op My Eish’ skop op 14 April op ons TV-skerms af.
In hierdie seisoen is dit die vermaaklikheidspersoonlikheid Francois Jacobs, wat hoop om liefde te vind, soos Seisoen 1 se Neels van Jaarsveld. Francois is oorspronklik genader om as aanbieder en wingman in die reeks op te tree.
Gelukkig vir kykers en aanhangers kon die regte kanidaat nie gevind word nie en Francois is gevra om die brawe stap te neem. Hierdie aantreklike adrenalien-entoesias is op soek na ‘n pasmaat met ‘n paspoort en ‘n liefde vir reis en avontuur. Met Francois nie beskikbaar om as aanbieder en wingman op te tree nie, was die aangename keuse die ewe bekende komediant en akteur Schalk Bezuidenhout.
Francois sê Schalk sorg deurentyd vir kalmte en rigting, voor en agter die kameras en kon hy nie vir iemand beters gevra het nie. Volgens Schalk kan Francois baie geërd voel met die inskrywings. ”Kyk Francois is oulik, maar elke meisie in hierdie seisoen is vrek oulik. Hulle is almal uniek en troumateriaal,” meen Schalk.
Hy sê hy kan nie wag dat kykers die meisies ontmoet nie. Schalk gee nie veel weg nie, maar hy noem wel dat daar trane, voor en agter die kameras sal wees, vir sowel die meisies s vir Francois. Hierdie wingman moes ook intree en hier en daar help vrede bewaar toe die emosies en kompetisie onder die meisies te veel raak. “ … maar dit is tog realiteits-TV en wat is realiteits-TV sonder drama?”
Schalk beloof dat die reeks opwindend sal wees, sonder ‘n vervelige oomblik. Schalk is ‘n self-erkende aanhanger van realiteits reekse soos The Bachelor waar mense moet liefde vind.
Gaan Francois liefde vind aan die einde van die reeks? Schalk se lippe is geseël en hy sê net dit: “… kyk en vind uit.”
Kyk so Donderdagaande op kykNet, kanaal 144 om 20:00. Ook op DStv-catchup en beskikbaar op die DStv-toep. Kyk Episode 1 hierdie Donderdag 14 April.
Francois kies 15 dames en ontmoet hulle op blitsafsprake, waarna hy dan 3 dames huis toe stuur. Vanaf Episode 2 sal hy dan die oorblywende 12 beter leer ken in romantiese en avontuurlike afsprake. Wie weet, dalk vind hy aan die einde van die seisoen ook sy pasmaat. TV-groete
Annette
Gaan Francois liefdre vind of op sy “eish” bly?