Suiwer stemme weer tops

Wéér groot prestasie vir Maties-koor

Die Universiteitskoor Stellenbosch het weer die boonste posisie op die gesaghebbende Interkultur Wêreldranglys ingeneem.

Interkultur het pas die nuutste ranglys bekendgemaak. Die US-Koor beklee reeds sedert 2012 die eerste plek op hierdie ranglys vir amateurkore.

“Ek is so trots op my koorlede. Hierdie erkenning vier die uitsonderlike toewyding, geesdrif en talent van ons koor die afgelope 20 jaar,” sê André van der Merwe, dirigent van die US-Koor.

Interkultur, ‘n internasionale kultuurorganisasie wat veral bekend is vir die organisering van die Wêreldkoorspele, stel ten doel om individue, nasies en kulture vanoor die wêreld deur middle van sang te verenig.

Die koor bied eersdaags ’n gala-konsert in die Moederkerk op Stellenbosch (7 Mei 19:30 en 8 Mei 16:30) en by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow (15 Mei 16:30) aan met ’n nuwe repertoire van ikoniese plaaslike en internasionale werke. Kaartjies vir die optredes, via Quicket, is beperk as gevolg van Covid-regulasies.

Die Universiteitskoor Stellenbosch is die oudste en mees gevierde universiteitskoor in Suid-Afrika. Dit Koor is in 1936 gestig met William Morris as dirigent.

Van die US-koor se liedere het al die miljoen kerf op YouTube oorgesteek. Dit sluit in Say Something (Verwerk: Pentatonix) – 7.5 m, Baba Yetu (Christopher Tin) – 7.3 m, All of Me (John Legend) – 2.9 m en Nkosi Sikelela iAfrika (God Bless Africa) (Verwerk: André van der Merwe) – 1.7 m.

Talle van die US-koor se liedjies is al meer as ‘n miljoen keer op YouTube gekyk. Foto: Nardus Engelbrecht

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!