Burgemeester: dorp word goed bestuur
Na aanleiding van die vergadering waartydens ‘n groep inwoners gekla het oor buitensporige hoë watertekeningee, sowel as ander bestuursprobleme by die munispaliteit, het Gesie van Deventer, burgemeester, soos volg op hierdie aantygings gereageer:

Die inwoners wat die vergadering bygewoon het, gee nie erkenning daaraan dat die dorp goed bestuur word en plaaslik, nasionaal en selfs globaal beskou word as sulks. Dit word gereeld gereflekteer in geskrewe, radio, televisie en sosiale media.

Die inwoners wat die vergadering bygewoon het fokus op hul eie rekeninge en omstandighede. Hulle het ‘n geslote WhatsApp groep begin waarop hulle die Munisipaliteit aangeval en baie aanvegbaar gemaak het. Die burgemeester het toegang tot die groep versoek ten einde die probleme aan te spreek, maar is toegang geweier en die name is geheim gehou.

Die wyksraadslid is ook van die groep af verwyder. Op versoek van die Burgemeester het een verteenwoordiger die burgemeester kom sien, maar name was steeds geheim gehou. Die burgemeester het hulle toe per brief (wat hul op die groep geplaas het) versoek dat alle gegriefdes hul rekeninge na haar stuur om te ondersoek.

Ongelukkig is slegs enkele rekeninge ontvang. Navrae by die finansies departement het getoon dat sedert 5 Mei 2022, slegs 31 klagtes oor rekeninge in totaal van alle inwoners se munisipale rekeninge ontvang is. Dit is jammer dat die klaers nie van die geleentheid gebruik gemaak het nie, want daar kan uiteraard net reageer word as hulp versoek word.

Daar is ‘n volledige dispuutproses wat ook ingevolge die finansieswet is, en ooreenstem met alle ander munisipaliteite, maar hierdie inwoners voel dit plaas ‘n las op hulle om dit te moet volg. Hoe anders gaan klagtes verifieer word?

Die groep is begin deur ‘n gegriefde  inwoner wie se meter nie gelees kon word vir twee maande nie, as gevolg van siek personeel tydens Covid en ook vir drie maande as gevolg van mure rondom die perseel.

Foto’s is geneem en beskikbaar van hierdie besoeke. Ingevolge die beleid word die meterlesing in sulke onstandighede geskat met inagneming van die historiese gebruik totdat ‘n lesing moontlik is. Dan word dit verdeel in die aantal maande en die blokberekening word gebruik sodat die volle verbruik nie teen die hoë tarief aangeslaan word nie.

Dit is onseker hoekom haar verbruik so opgegaan het en toe die finale lesing kom, was haar verbruik baie hoog. Gedurende Maart 2022 het ‘n amptenaar egter die  inwoner per epos gewaarsku dat die verbruik skielik hoog is, en gevra of daar dalk ‘n lek is. Die antwoord van die inwoner was dat haar verbruik nog altyd in orde was. Die waarkuwing is eenvoudig geignoreer.

Die amptenare het deurgaans met hierdie klient gekorrespondeer. Die eposse is beskikbaar in hierdie verband. Sy het nie die dispuutproses gevolg nie, maar eerder die Premier gekontak. Haar meter is later wel vervang, maar ongelukkig plaas hierdie inwoner die verantwoordelikheid vir die verlies en/of hoë verbruik op die munisipaliteit se skouers. Elke inwoner is verantwoordelik vir hulle eie rekening, maar kan na die munisipale bestuurder appelleer as hul ongelukkig is oor ‘n besluit ten opsigte van ‘n rekening. Hierdie opsie is ook nie gevolg nie.

Een van ander prominente figure het agt lekke in haar pypsisteem gehad, wat later bevestig is en gedeeltelik vergoed is deur haar versekering. Uiteraard was haar verbruik dus baie hoog, en is sy geadviseer dat sy haar eie lesing kan neem, maar het aangevoer dat sy nie weet hoe nie. Daarna het n aptenaar in persoon vir haar demonstreer hoe ‘n meter werk en ons het ‘n video gemaak en versprei wat vir inwoners wys hoe jy lesings neem.

Daar is ‘n volledige rekord van die kommunikasie met haar wat aantoon dat die amptenare wel behulpsaam was.

Nog ‘n inwoner het besproeiingslekke gehad in haar tuin, maar verwag dat haar verliese in totaal afgeskryf moet word. Met ander woorde, ander verbruikers moet dit indirek betaal.

Van die inwoners teenwoordig het aangedring dat die Burgemeester sekere besluite neem, wat ongelukkig nie toelaatbaar is nie. Die rol van die Burgemeester word duidelik uitgespel in wetgewing.

Stellenbosch se tariewe word deurgaans vergelyk met ander Munisipaliteite en is in lyn met en meestal goedkoper as ander munisipaliteite se tariewe.

Hierdie groep inwoners wil  druk plaas op die burgemeester om besluite te neem wat hul griewe sal aanspreek. Alle besluite word deur die volle raad geneem tydens oop raadsvergaderings.

Baie mandate berus by nasionale en provinsiale regering en die plaaslike regering se mandaat word duidelik in die grondwet uiteengesit.(Municipal Strucutres Act 117, Act 49 – Functions and powers of mayors), (Municipal Strucutres Act 117, Act 55 – Election of executive mayors) asook (Municpal Finance Management Act – Act 56 of 2003.)

So byvoorbeeld bepaal die arbeidswetgewing hoe personeel aangestel word en die munispalitiet kan nie afwyk en aan Stellenbosch inwoners voorkeur gee nie. Die beste kandidaat moet aangestel word. Die onwettige plakkers kan slegs ingevolge nasionale wetgewing hanteer word en taxi-permitte berus by die provinsiale regering. SPLUMA-wetgewing bepaal die beplannings – en goedkeuringsproses van eiendomme, en die sistemewet is duidelik oor die onderskeie rolle van publieke verteenwoordigers en amptenary.

Derhalwe is daar sekere magte wat ongelukkig nie by die burgemeester berus nie, maar daar is steeds baie onkunde hieroor in ons gemeenskappe en sekere inwoners wil dit nie aanvaar nie.

Soos uiteengesit word in die gedragskode, word die burgemeester en/of enige raadslid wetlik verbied om in te meng met die administrasie, of opdragte te gee of poog om so te doen. Dit is die munisipale bestuurder, wat die  hoofuitvoerende beampte en die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit is, se verantwoordelikheid. Verbreking van die gedragskode is ‘n oortreding en openbare verteenwoordigers kan aangekla en uit hul poste verwyder word.

Die gevolge van onregmatige inmenging van politieke ampsdraers in ander dele van Suid-Afrika lei tot skrikwekkende gevolge wat aan almal bekend is.

Watermeterlesings word korrek geneem, maar in gevalle waar die meters foutief raak, kan dit lei tot ‘n verkeerde lesing. In sulke gevalle kan die inwoner vra dat die meter vervang word. Indien die lesing bevraagteken word, is daar ‘n duidelike proses voorgeskryf deur die finansieswet wat gevolg kan word en op alle munisipaliteite van toepassing is.

Die hoë rekeninge, wat deur sekere inwoners uitgewys is, is te wyte aan baie hoë water verbruik of andersins dan waterlekkasies (besproeingstelsels en huishoudelike lekkasies) op die inwoner se perseel. Die munisipaliteit kan nie onderhoud of verbetering op privaateiendom doen nie, want dit word streng verbied deur die finansieswet.

Voorts sou dit uiters onregverdig wees indien hierdie water verlies afgeskryf word en die verspilde koste dan toegedeel word aan ander verbruikers wat die begroting moet befonds. Indien die Munisipaliteit nie toegang kan verkry tot ‘n spesifieke watermeter nie, word die lesing geskat met inagneming van historiese verbruik van die spesifieke inwoner. Vir rekord doeleindes, word fotos deur die munisipaliteit geneem van ontoeganglikheid van die perseel.

Alle inwoners, van die groep wat kwessies gelig het in verband met waterrekeninge was per brief deur die burgemeester uitgenooi om hulle rekeninge voor te lê vir ondersoek. Slegs ‘n klein persentasie van inwoners het ongelukkig hierdie roete gevolg. Diegene wat wel gebruik gemaak het van die proses, se rekeninge is deeglik ondersoek en terugvoer is verskaf aan die rekeninghouer.

Daar is ‘n volledige dispuutproses wat gevolg kan word in gevalle waar inwoners nie saamstem met die uitkoms van die ondersoek nie en dit kan op appel geneem word na die munisipale bestuurder vir beregting.

Inwoners wat nie toegang wil of kan verleen tot hulle perseel vir die meterlesings nie, het die opsie om self ‘n foto van hulle lesings in te stuur en sodoende is daar dan geen twyfel oor die lesing nie.

Die munisipaliteit ontken die bewerings van woekerwins waarna daar verwys word. Woekerwins het betrekking op rente en dit is glad nie van toepassing hier nie. Al word dit ook gebruik om hoë wins te probeer beskryf, is dit totaal ongegrond. Die munisipaliteit maak geen wins op dienste nie.

Geld wat verkry word, word aangewend vir bulkaankope, dienslewering en kapitale verbeterings. Dit is ‘n drogberekening om net inkomste te gebruik as maatstaf. Die begroting is ‘n ope dokument  en die ouditeur-generaal oudit en monitor jaarliks die begrotingsprosesse.

Die berekening is nie gebasseer op ‘n inkluseiewe berekening nie, want dit neem geen operasionele of kapitale uitgawes in ag nie. Die munisipaliteit moet ‘n groot deel van die water aankoop by Kaapstad en Theewaterskloof teen hul vasgestelde watertariewe.

Voorts moet die watertarief onder andere ook die berging, filtrering, verspreiding, pypleiding, vervanging van ou en defektiewe infrastruktuur, onderhoud, uitbreidings en opgraderings dek. Indien die tarief verlaag word, is die vraag watter van hierdie uitgawes verminder of laat vaar moet word, of andersins watter ander tariewe verhoog moet word om hierdie tekort aan te vul?

Met ander woorde, gaan ons oor enkele jare tevrede wees met swakker infrastruktuur, of waar gaan die geld vandaan kom?

Die negatiewe effek waar geen onderhoud of opgraderings gebeur nie, kan gesien word in die res van die land en is verseker nie die toekoms wat ons wil sien vir Stellenbosch nie. Hierdie feite is nie in ag geneem deur die aanbieder nie.

Die watertariewe is deurgans vergelyk met elektrisiteitstariewe. Die onomstootlike realiteit is dat terwyl dit moontlik is om elektrisiteit op te wek, kan water nie gemaak word nie. Ons lewe in ‘n water-skaars provinsie en moet ten alle koste water bespaar.

In vergelykende studies tussen verskeie munisipaliteite wat gedoen is, is dit duidelik dat Stellenbosch se tariewe in lyn is met ander munisipaliteite.

Ten einde egter ‘n onafhanklike perspektief te verkry, is ‘n skrywe gerig aan minister Anton Bredell (minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning) vir insette hieromtrent. Daar is spesifiek versoek dat sy departement kommentaar lewer oor die effek wat verlaagte tariewe kan meebring en of dit wenslik sou wees.

Dis uiters belangrik dat inwoners kennis neem dat begrotingsbesluite, tariewe en belastingsbeleide jaarliks deur ‘n publieke deelnameproses gaan, en dat alle insette deur die volle raad goedgekeur word voor implementering.

Hierdie feit is ook oorgedra aan die vergadering, maar hulle was ongelukkig met hierdie inligting. Die publieke deelnameproses is spesifiek daar om seker te maak dat ons die nodige insette kry van die publiek. Gedurende die laaste begrotingsproses was daar geen kommentaar ontvang met betrekking tot die watertariewe nie.

Die twee knelvrae bly:

  1. As watertariewe verminder word vir ‘n klein groep hoë verbruikers, waar verhoog die munisipaliteit ander tariewe wat alle inwoners moet betaal om die begroting te laat klop en dienste te lewer?
  2. Wil ons opgraderings en herstelwerk staak of verminder en sodoende die kwaliteit van infrastruktuur stadig maar seker laat verswak?