Die Toyota US Woordfees bied more, op Wilde Woensdag, 28 Septemer 2022, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op Wilde Woensdag beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.
“Ons wil soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Ons versoek dus mense wat volpryskaartjies kan bekostig, vriendelik om nie van die spesiale aanbiedings op Wilde Woensdag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, die Toyota US Woordfeesdirekteur.
Meer as ’n 100 van die produksies wat vanjaar by die Woordfees te sien sal wees, is deel van die Wilde Woensdag-uitverkoping.
Meer as ’n 100 van die produksies wat vanjaar by die Woordfees te sien sal wees, is deel van die Wilde Woensdag-uitverkoping.
Dit sluit die gewilde Toyota Jan Marais Park-buitelugkonserte in:
- Early B
- Karen Zoid
- Dr Victor & The Rasta Rebels
- Spoegwolf
- Bongeziwe Mabandla
- Eet kreef! Herleef!
Daar sal ook ’n verskeidenheid teaterkaartjies beskikbaar wees en afslagkaartjies vir opwindende produksies soos Die poet, wie’s hy? en Al om Antjie.
Wilde Woensdag werk só:
- Kopers kan met kontant of ’n bankkaart betaal.
- Afslagkaartjies is slegs by die drie ondergenoemde punte beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
- Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
- Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
- ’n Vaste aantal kaartjies word per verkooppunt beskikbaar gestel.
- ’n Maksimum van twee kaartjies per persoon per vertoning by elke verkooppunt.
- ’n Maksimum van ses kaartjies in totaal per persoon per verkooppunt.
- Vir hierdie afslagkaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Wilde Woensdag-kaartjies is ook nie moontlik nie.
Wilde Woensdag-kaartjies is by die volgende vier plekke gedurende die volgende tye beskikbaar:
07:00 – 08:00: by Hoërskool Lückhoff
10:00 – 11:30: by Erfurthuis (voor op die stoep)
12:30 – 13:30: by Pniel-banketsaal (in dieselfde gebou as die biblioteek), Helshoogtepad, Pniel
17:30 – 18:30: Erfurthuis in die kaartjieskantoor