“Diewe” slaan helderoordag toe – op video vasgevang

Blatante kabeldiefstal in Cloetesville

‘n Blatante voorval van tdie diefstal van telefoonkabels het Maandag helderoordag in Cloetesvilel plaasgevind.

‘n Reeks videos het die voorval gedokumenteer en is wyd op sosial emedia gedeel. Aanvanklik is dara vermeod dat die elekstrisiteiotskabel;s was. Dit was onduiudleik wie die persone op die video’s is of aan wie di evoeretugio behoort wat in die voorval gebruikis.

Stuart Grobbelaar, Stellenbosch se munisipale woordvoerder, het by navraag bevestig dat dit telefoonkabels was.

“Ons is bewus van die geval van kabeldiefstal wat Maandag in die Cloetesville-area plaasgevind het. Die kabels wat gesteel is, is Telkom-kabels en Telkom is tans besig om ondersoek in te stel.  Die voertuig wat gebruik was, is nie ‘n munisipale voertuig nie en die persone op die beeldmateriaal is nie munisipale amptenare nie,” het hy by navraag gesê.

Grobbelaar het gesê hulle gee tans hul samewerking aan die SAPD en Telkom om die kriminele op die video te identifiseer.

Enige persoon wat kriminele aktiwiteite gewaar, kan die munisipaliteit se 24-uur beheerkamer skakel op 021 808 8999 of ‘n WhatsApp stuur aan 079 622 4722.

Thys Lombard het die video geredigeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!