Anina le Hanie wen goud by Afrika-spele
Anina le Hanie, ‘n gr.-9-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het die afgelope naweek aan die Region 5-Jeugspele in Lilongwe (Malawi) deelgeneem en puik in haar tuimelgimnastiek presteer. Sy en haar Suid-Afrikaanse spanmaats het ‘n goue medalje in die groepkategorie verower.
In haar enkel-item het Anina ‘n silwer medalje verower nadat sy deur Alejandra Morales Martinez, ook ‘n Suid-Afrikaner, geklop is.
Anina is deel van slegs 209 Suid-Afrikaanse atlete wat gekies is om van 2-12 Desember 2022 aan die spele deel te neem. Sy het vroeër die jaar Suid-Afrika se tuimelspan (15-16 jaar) by die FIG Trampoline World Age Groups in Bulgarye verteenwoordig.
Hierdie spele het al atlete soos Caster Semenya en Wayde van Niekerk as Olimpiane opgelewer.