Jong wetenskaplikes wys hul staal by Eskom-ekspo
Altesaam 25 leerders van gr. 9 van die Hoër Meisieskool Bloemhof het van 10-11 Augustus hul staal by die jaarlikse Eskom-streeksekspo vir jong wetenskaplikes gewys.
By hierdie ekspo kry leerders die geleentheid om hul eie projekte wat hulle gedoen het oor hul wetenskaplike ondersoeke. By die jaarlikse Eskom Expo vir jong wetenskaplikes se internasionale wetenskapskou (ISF) sal uitgesoekte studente van 35 ekspo-streke in Suid-Afrika teen mekaar en deelnemers van regoor die wêreld kompeteer.
Kom ons kyk na van die projekte wat die Bloemhoffers onderneem het:
Isabel Lutz (goud) het die beste junior projek in sosiale wetenskappe ingeskryf met die tema “ChatGPT kan gebruik word om Afrikaanssprekende Graad 9 leerders se Engels skryfvaardighede te verbeter.”
Mari du Plessis (goud) het die beste junior projek in biomediese wetenskappe ingeskryf met die tema : “Die effektiefste storingsmetode vir vrugte vir die beste behoud van spesifiek vitamien C, is deur vrugte in lugdigte sakkies, nie oop nie, in die vrieskas en nie in ‘n koelkas, donker kas of in ‘n vrugtebak teen kamertemperatuur te plaas nie.”
Margot Jerman (goud) het die beste junior projek in aardwetenskappe aangebied met die tema : “Steggies se wortels sal vinniger in die pot grond met die hulp van vloeibare hormoonstimulant groei.”
Olivia Schwartz en Inge Kotze (goud) se tema was: “Die gebruik van waterhervullingstasies eerder as die gebruik van plastiekbottels by Suid-Afrikaanse skole-atletiekbyeenkomste, sal ‘n meetbare afname in plastiekbesoedeling hê.”
Bea-Marie Meyer (goud) se projektema was: “Hoogte bo seespieël het ‘n direkte invloed op natuurlike agtergrondbestraling.”
Lara Stemmet en Emma-Grace Slabbert (goud)se gesamentlike projek was : “‘n Soutwaterbattery is ‘n goedkoop alternatief om ‘n klein hoeveelheid lig op te wek.”
Katryn van Rooyen en Annebelle Spies (goud)se projektema was: “Mense assosieer smake met kleure en verwag dus daardie smaak as hulle iets eet of drink van ‘n spesifieke kleur.”
Anria Mason (goud) se tema was : “Videospeletjies het ‘n negatiewe invloed op die gedrag van seuns tussen die ouderdom van 9 – 11 jaar.
Lara du Plessis (goud) se tema was: “‘n Beduidende deel van gr 9 – 12 leerders in HMSB en PRG het voldoende kennis van orgaanskenking om ingeligte besluite daaroor te neem.”
Die opsomming van ons uitslae is soos volg:
Eervolle vermelding: 1
Brons medaljes: 6
Silwer medaljes: 8
Goue medaljes: 9
Beste junior projek in Sosiale Wetenskappe: Isabel Lutz
Beste junior projek in Biomediese Wetenskappe: Mari du Plessis
Beste junior projek in Aardwetenskappe: Margot Jerman
Die Eskom-streeksekspo is daarop gemik om jong wetenskaplikes te kweek wat probleme kan identifiseer, oplossings vind en hul bevindinge effektief kommunikeer. Hierdie ekspo bied ook ‘n platform vir leerders om nasionaal en internasionaal mee te ding.