Bekende Richard Cock vier 75ste verjaarsdag In Endler

Dirigent gedink kwart eeu met Songs of Praise

Songs of Praise is ‘n Britse konsep waartydens verskillende gemeenskapkore onder leiding van ‘n simfonie-orkes of ensemble bekende geestelike liedere saam met die publiek sing. Hierdie konsep bestaan dan ook onder leiding van die voormalige SABC Simfonie-orkes dirigent, Richard Cock sedert 1992 in Suid-Afrika.

Richard Cock vertel:  “Toe ek in 1992 besluit om nie meer ‘n kerkorrelis te wees nie, het ek besef dat ek geroepe is om in die Kerkmusiek-veld steeds aktief te wees, maar in die groter Suid-Afrikaanse konteks. Sedertdien het ons deur middel van Songs of Praise daarin geslaag om ‘n baie belangrike Boodskap aan duisende mense deur die loop van 32 jaar te bring. Laasgenoemde bring nog steeds groot plesier vir my, nie net omdat hierdie Boodskap nog steeds steeds relevant is nie, maar omdat Suid-Afrika die Boodskap van Vrede nou meer as ooit benodig.“

Richard Cock

Songs of Praise word Sondagmiddag, 27 Oktober om 16:00 in die Endlersaal in Stellenbosch aangebied. RCME Winelands Choir en Tygerberg-stadskoor sal tydens hierdie geleentheid verskillende style van musiek in verskillende tale vertolk: lofprysing en aanbidding, meditasie en gebed, Afrika- en alternatiewe musiek, feesviering en k  oinonia.  Gehoordeelname sal dan ook onder leiding van die kore plaasvind met Richard Cock se 75ste verjaarsdag wat tydens hierdie geleentheid gevier word.

‘n Agt-stuks instrumentale ensemble sal beide kore sowel as die gehoor vergesel. Hierdie ensemble bestaan uit: Mario Nell op orrel/klavier, Winand Grundling op klavier/orrel, Maryke Lintvelt op viool,
Marelise Diener op tjello, Linda de Villiers op fluit, Reghardt Kühn op tromboon, Paul Loeb van Zuilenburg op trompet en Schalk Wasserman op perkussie en kontrabas. Die solis vir die middag is die baie talentvolle sopraan, Erin Beck.

Richard beskou hierdie konsert as baie spesiaal: “Ek was 12 jaar oud toe koormusiek my begin prikkel en ek in ‘n koor begin sing het. My liefde vir koormusiek was altyd een van die dryfvere in my lewe en soos wat ek ouer word en 75 is, is dit steeds ‘n groot lekkerte asook ‘n inspirasie om my liefde vir koormusiek met soveel as moontlik mense te deel,”vertel Cock.

  • Songs of Praise word ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch en is deel van die Endlersaal-konsertreeks vir 2024. Kaartjies is beskibaar by Webtickets teen R230 per persoon. Vir enige navae: Ilse Schürmann – 082 851 7157

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!