‘When August Comes’ nou beskikbaar
Annette Havenga
Die opkomende kunstenaar Carla Strauss het pas haar nuwe enkelsnit ‘When August Comes’ bekend gestel.
Slegs ’n paar maande na die vrystelling van haar agtste enkelsnit, is die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Carla Strauss, terug in die kollig met ’n splinternuwe liedjie wat beloof om luisteraars van alle ouderdomme se aandag te trek.
When August Comes, ’n opgewekte popverwerking wat sy saam met Ludwig Bouwer vervaardig het, bied ’n intieme blik op haar persoonlike reis en die spyt wat sy voel oor ’n tydperk in haar lewe waar sy nie getrou was aan haarself en wie sy is nie en sê dat nou, as sy terug dink aan daardie tyd, “word ek eintlik kwaad vir myself, want ek voel asof ek uitgemis het op ‘n deel van my lewe waar ek vir myself kon uitvind waarvan ek hou en wie ek wil wees.”
Wat was die insperasie agter When August Comes?
Vir ‘n baie lank tyd was ek oortuig dat ek verlief was op iemand. Ek het baie hard probeer om soos hy op te tree en om van alles te hou waarvan hy gehou het, want ek het gedink as ek net soos hy is, dan sal hy my gevoelens deel. Nadat ek met hom kontak verloor het, het ek besef dat ek nooit verlief was op hom nie. Ek wou hom wees. Die beeld wat ek van hom in my kop gehad het, was ‘n wanpersepsie van iemand wat almal van hou en admire. Ek het na dit gesmag.
Hoe dink jy gaan die publiek op die liedjie reageer?
Ek het die liedjie juis so geskryf sodat dit soos ‘n sad love song klink al is dit nie werklik nie, maar ek glo dat baie mense met die unrequited love-pespekftief van die liedjie sal kan relate.
Vertel ons meer oor die skryf en maak van die snit?
When August Comes is heel moontlik die liedjie wat my die langste gevat het om te skryf. Ek het begin skryf aan die liedjie in 2021 en ek was finaal eers gelukkig met dit in 2023. Dit het my so lank gevat om klaar te maak omdat ek na die regte woorde en gevoelens gesoek het om uit te beeld wat ek presies voel.
Aanvanklik het die liedjie ‘n heeltemal ander melodie en klank gehad en ek glo dis ook deel van hoekom dit my so lank gevat het om dit klaar te maak. Die huidige melodie het na my toe gekom nadat ek ‘n nuwe instrument begin leer het. Die instrument, ‘n Seagull Merlin, het ‘n baie unieke klank en dit het my geïnspereer om die melodie te kry.
Wat is die hoofboodskap wat jy wil oordra met die lied?
Ek dink hierdie is my enigste liedjie wat nie ‘n definitive boodskap het nie. Daar is geen resolve nie, net introspection.